Aktrise Wanda Banda oor ‘Plan B’: ‘Ek kon speel, ontdek en myself uitdaag’
As jy kykNET se ‘Plan B’ misgeloop het, is dit tyd om oor te gaan tot aksie, want dit is sonder twyfel ’n dramareeks enig in sy soort, propvol aksie, drama, humor en volbloedkarakters gebore in die verbeelding van topverkoper-skrywer Deon Meyer.