Bekendes

50 Shades Darker-lokprent is hier!

Die wêreld het gewag vir die lokprent van die Fifty Shades Darker en dis hier. En die karakters Christian Grey en Anastasia Steele is nog lank nie klaar met mekaar nie.

Of jy dit nou as goeie letterkunde of net as ’n stomerige seksstorie beskou, die skrywer EL James is nog lank nie oor haar karakters Christian Grey en Anastasia Steele van die Fifty Shades of Grey-sage nie. EL het twee bladsye van haar nuutste boek in die reeks op sosiale media gedeel.

Sedert die eerste boek in die trilogie, Fifty Shades of Grey, in Mei 2011 verskyn het, het dit die rekords laat spat. Volgens Random House (UK) is dit die Britse topverkoper van alle tye en het dit in Engeland selfs The Da Vinci Code en Harry Potter and the Deathly Hallows (die topverkoper in die Harry Potter-reeks) geklop.

collection-fiftyshades-gallery_0

Dit is ook die eerste e-boek wat meer as ’n miljoen kopieë verkoop het, volgens die Britse koerant The Guardian. Wêreldwyd is al sowat 40 miljoen kopieë van die trilogie verkoop.

Maar die vierde boek, wat glo uit die oogpunt van Christian vertel word, het nog geen titel nie. Dit fokus op die gebeure van Fifty Shades Darker en die verteller is Christian.

SKERMGREEP Facebook

SKERMGREEP Facebook

Lees die twee bladsye hier:

« »

Gister is die nuutste rolprent se plakkaat en voorsmaak-lokprent vrygestel.

fifty-shades-darker

Die eerste rolprent, Fifty Shades of Grey, het $571 miljoen (sowat R8 miljard) by die loket verdien! Maar op die resensie-webwerf Rotten Tomatoes het dit ’n powere 25% gekry. Kritici en aanhangers het gekla dat dié fliek ’n lammetjie in die slaapkamer was, met geen stomerige en erotiese sekstonele nie. Kykers wou méér seks en méér erotika sien, berig Daily Mail.

Die amptelike lokprent kom vandag uit. En die fliek word volgende jaar in Februarie vrygestel.

Lees nou

5 vreemde feite

Kim Jong-oen verban sarkasme

5 tekens wat sê jy ken jou trends