FOTO: Verskaf aan SARIE.com

FOTO: Verskaf aan SARIE.com

Bekendes

Akteur Neels van Jaarsveld is verloof!

Eish! Die 37-jarige akteur Neels van Jaarsveld het die ja-woord vir sy 27-jarige meisie, Jeanne Flynn, ’n persoonlike afrigter en model, gevra. En sy het ja gesê!

Neels het die houtringe van Wooden Rings deur die pos bestel en hulle het vanoggend op Witsand se strand verloof geraak.

“Ek het vir Jeanne se ma gevra om vir haar te sê sy moet my op die strand kom kry as sy van die kafee af terugkom. Ek het ’n kombersie uitgelê en toe ons mekaar sien, het ons begin lag. Alles lyk nou sommer helder,” het Neels aan Fanie Cronjé gesê.

Neels het destyds vir Jeanne beskryf as sy baken van vertroue en hoop.

Baie geluk, Neels!