internet
Bekendes

As Kim kan, Kanye? Só breek jy die internet!

So graag ons die formule van ’n “internetbrekende” foto vir jou wil gee, net so onmoontlik is dit. Dis eintlik maar ’n baie lukrake verskynsel. Is dit die foto, die bekende in die foto, of die gebeurtenis? Kyk watter bekendes het al die internet “gebreek”.

Sedert Kim Kardashian haar Webby op 16 Mei ontvang het vir die hoeveelheid kere wat haar selfies die internet gebreek het, is daar nuwe aandag op hoe presies jy dit kan doen.

Jy sou dink dit is onmoontlik vir ons “normale mense” om die internet te breek, maar onthou jy #TheDress? ’n Foto wat die (toe nog) onbekende Cecilia Bleasdale op Facebook gelaai het, het wêreldwyd in ’n gesprekspunt ontaard. As jy dus net die onderwerp kan vind, is dit vir jou ook moontlik om die internet te breek.

Om die internet te breek gaan volgens TIME oor:

“Daardie gebeurtenisse wat die internet verander. [...] om die internet te breek beteken dat jy een storie skep wat Facebook en Twitter oorneem bo ander meer nuuswaardige gebeure.”

Kim Kardashian se Webby-toekenning, die Break The Internet Award, meen sy is:

“Iemand met onmiskenbare talent en die natuurlike vermoë om die internet te gebruik om opgewondenheid te skep, met aanhangers en gemeenskappe interaksie te hê en die wêreld se aandag te kry.”

Kim Kardashian wen toekenning vir selfies

Onthou jy die volgende? Dit het ook die internet “gebreek”!

Ellen Degeneres se Oscar-selfie

Hierdie foto wat by die Oscar-seremonie in 2014 geneem is, is tot vandag toe die foto wat al die meeste op op Twitter gedeel is.

 

Zayn Malik

Toe Zayn Malik, voormalige lid van popgroep One Direction, aangekondig het dat hy die groep verlaat, het aanhangers behoorlik getreur. Hy het die inskrywing verlede jaar in Maart gemaak, maar aanhangers lewer steeds kommentaar op dié Facebook-aankondiging.

Caitlyn Jenner

Julie 2015 was die maand waarin Caitlyn Jenner haarself aan die wêreld bekend gestel het. Caitlyn, voorheen bekend as Bruce Jenner, het op die voorblad van Vanity Fair haar eerste verskyning gemaak. Die wêreld het gegons oor dié transformasie!

FOTO: Annie Leibovitz

FOTO Annie Leibovitz

 

Adele

Adele se terugkeer na die musiekbedryf met die video en bekendstelling van “Hello” het die wêreld tranerig gehad en almal het gevoel asof Adele verstaan.  

Karen Zoid en Francois van Coke

In April vanjaar het almal net na een liedjie geluister – Karen en Francois se “Toe vind ek jou”. Die musiekvideo is reeds meer as 1,6 miljoen keer op YouTube gekyk. 

Oscar Pistorius

Tussen 11 en 12 September 2014 het die gesprekke op sosiale media die hoogte in geskiet soos mense geluister het na Oscar se verhoor en die finale uitspraak. Memeburn berig daar is gemiddeld 15 422 keer per uur en 257 per minuut oor Oscar gepraat op Twitter!

Oscar in die Februarie 2013-uitgawe van SARIE FOTO: Leana Clunies-Ross

Oscar in die Februarie 2013-uitgawe van SARIE FOTO Leana Clunies-Ross

 

#BeyoncéAlwaysOnBeat

Hierdie hutsmerk het ontstaan na aanleiding van Beyoncé se aanhangers, haar sogenaamde “Beyhive”, wat haar prys vir haar danstalent. Sy mis nooit ’n passie nie.

Beyoncé het onlangs weer die internet gebreek met haar nuutste album, Lemonade. Lees hier van Lemonade!

ALS Ice Bucket Challenge

“The Dress”

Gepraat van die internet breek, hierdie rok word as ’n fenomeen beskou! Daar word steeds geskryf oor die kleure van hierdie rok, hoekom almal nie dieselfde kleure sien nie en hoekom hierdie foto só bekend geword het. Lees hier vir nuwe wetenskaplike verduidelikings.

FOTO: Twitter @LeeAnn_L

FOTO Twitter @LeeAnn_L

Nelson Mandela se dood

In die eerste 24 uur ná Mandela se dood is daar meer as 10 miljoen keer oor Nelson Mandela op die internet gepraat. Om 22:00 op 5 Desember 2013 is die eerste Twitter-inskrywing oor sy afsterwe gemaak, en teen 00:00 dieselfde aand was daar 3,5 miljoen keer meer Twitter-inskrywings oor hom as in die ure voor sy dood. Lees meer oor dié interessante statistieke hier.

Nelson Mandela (FOTO: Gallo Images/Getty Images)

Nelson Mandela (FOTO Gallo Images/Getty Images)

 DUS – jy benodig die volgende as jý die internet wil breek:

1. Danstalent op die maat van Beyoncé se musiek

2. ’n Treffer wat die trane laat loop. Jy moes op hiatus gewees het en ook Adele se stem hê.

3. ’n Kledingstuk wat die mag het om vriendskappe te verwoes en families aan die stry te kry.

4. ’n Belaglike idee, ’n hutsmerk en bekendes om die aandag op ’n siekte te vestig.

5. Jy benodig iemand op jou voorblad wat nog nooit bestaan het voor hierdie voorblad nie.

6. Een hartebreker wat jou musiekgroep verlaat om solo te gaan sing.

7. Laastens het jy ’n geleentheid soos die Oscars nodig, ongeveer 12 wêreldbekende akteurs en Ellen Degeneres om die foto te twiet.

Wat dink jy? As Kim kan, kan jy?

FOTO: via @duwanty

FOTO via @duwanty

#ChallengeAccepted

BRON: Entertainment Tonight, TIME

Lees ook

Is jy veilig op die internet?

Adele se gewigsverlies