FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Bekendes

Brie Larson verloof

Vroeër vanjaar het sy die Oscar vir beste aktrise gewen. En nou is Brie Larson verloof aan haar kêrel van 3 jaar, Alex Greenwald.

Die paartjie het glo in Maart in Tokio, Japan, verloof geraak, berig E! News. Haar verloofring was duidelik sigbaar toe sy Saterdag gas-aanbieder op Saturday Night Live (SNL) was.

Brie is bekend daarvoor dat sy nie haar persoonlike lewe met die media deel nie. Toe sy in Februarie die goue beeldjie vir haar vertolking in Room ontvang het, het sy Alex bedank en gesê hoe lief sy vir hom is.

Kyk hoe bedank Brie Larson vir Alex

Alex is ’n musikant en die hoofsanger van Phantom Planet. Dié groep het die temalied vir die destydse TV-reeks The O.C. geskryf.

 Lees nou

Akteur Neels van Jaarsveld is verloof!

TROUFOTO’S: Aktrise Roeline Daneel