VIVA!

Bekendes

Catherine Zeta-Jones se huwelik op die rotse?

Volgens ‘n vriend van die egpaar het hulle besluit om mekaar nie vir ‘n ruk te sien nie, “om ‘n bietjie asem te haal,” berig People. Daar is nog nie sprake van ‘n egskeiding nie en geen regsstappe is nog geneem nie. Michael en Catherine is in 2000 by die Manhattan Plaza Hotel getroud, maar dié twee se huwelik het die afgelope 3 jaar alles behalwe seepglad verloop. Michael is in 2010 met kanker gediagnoseer en Catherine ly aan bipolêre depressie. Die spanning van hul gesondheid het verseker sy tol op die huwelik geëis. Boonop het Michael vroeër vanjaar in ‘n onderhoud gesê sy keelkanker kon deur orale seks veroorsaak word, iets wat wyd en syd aandag ontvang het. Catherine Zeta-Jones opgeneem vir bipolêre depressie Dié egpaar bly op die oomblik in verskillende huise, maar hul wil steeds die beste vir hul kinders, Dylan (13) en Carys (10), hê. Vriende en familie hoop dat Michael en Catherine hul huweliksprobleme kan oplos.

Is Michael nou gesond?

Die 43-jarige aktrise het onlangs bevestig Michael Douglas is steeds in remissie nadat hy in 2010 met keelkanker gediagnoseer is. Volgens haar is haar man gesond. Daar was gerugte uit Hollywood dat Michael weer siek is. Maar Michael het die afgelope tyd baie hard aan twee groot rolle in biografiese films gewerk. Hy speel Ronald Reagan in Reykjavik, asook Liberace in Behind the Candelabra. Bronne: People & Marie Claire