Bekendes

Desperate Housewives-ster wil nie meer langer op die rak sit nie …

Dié 48-jarige aktrise, wat in 2003 van haar tweede man, Jon Tenney, geskei is, het erken dat sy nie vir altyd op die rak wil sit nie. Vanessa Williams, een van Teri se Desperate Houswives-mede-sterre het haar eerste blind date (in amper 3 jaar) gereël. En die rede vir haar ‘drastiese besluit’? Sy sien weer kans vir iemand in haar lewe, omdat haar dogter, Emerson, nou groot genoeg is.

Teri en haar tienerdogter, Emerson

Teri en haar tienerdogter, Emerson

“Ek was tot dusver in my lewe baie gelukkig met ongelooflike ervarings en ek sien uit na nog soveel meer. Dit sal lekker wees om dié wat nog voorlê met iemand spesiaal te deel. En dit is maar eintlik al wat ek wil hê. Ek het `n goeie lewe en is regtig baie selfonderhoudend. Ek is op `n goeie plek in my lewe – gelukkig en gevestig, en ek wil dit graag deel,” het sy gesê.
Drie generasies! Teri is in die middel, met haar ma links en haar dogter, Emerson, regs.

Drie generasies! Teri is in die middel, met haar ma links en haar dogter, Emerson, regs.

Teri het ook vertel hoekom sy onlangs haar lang hare afgesny het. Sy het `n opleidingskursus om `n sjef te word, bygewoon. “Dit was my manier om maar net `n bietjie ‘te laat gaan’ en ek het myself as `n voltydse student aan die Cordon Bleu-kookskool in Parys ingeskryf. So, nou kan ek net my nuwe, kort hare in `n klein poniestert vasmaak, my klein ‘sjef-in-opleiding’-hoedjie opsit, my sjef-baadjie aantrek en glad nie oor grimering bekommer nie.”  

Liefde blom vir dié Desperate Housewive

Eva Longoria het onlangs bekendgemaak dat sy en die Ready for Love-ster Ernesto Arguello `n paartjie is. Ernesto was een van die drie oujongkêrels wat aan dié reeks deelgeneem het. Maar weens `n gebrek aan belangstelling was dié program eintlik ‘n groot flop. Boonop was Eva die vervaardiger van dié program! Evan en Ernesto