FOTO: Suidooster-logo

FOTO: Suidooster-logo

Bekendes

Die wind waai Illse Roos na ‘Suidooster’ toe

Die aktrise Illse Roos gaan binnekort in die eg Kaapse sepie, Suidooster, op kykNET te sien wees.

Illse sal vanaf 9 Maart op die kassie gesig wys. Sy speel die rol van Rita Gerber: Chris (Marcel van Heerden) se vrou en Tim (Marco Spaumer) se ma.

Vir Illse is die Kaapse Dokter nie iets vreemd nie. Sy en haar gesin woon die afgelope tyd in Kaapstad.

“Dis ’n heerlike rol wat my op my tone hou. My pad werk toe loop langs die see en aan die voet van Tafelberg verby … Ek kan beslis nie kla nie!” het Illse in ’n verklaring gesê.

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Vir Altyd

Illse is vanaf 12 Februarie in die rolprent Vir Altyd. Sy vertolk die rol van Marietjie Botha, wat een van die drie paartjies is, wie Nina (Donnalee Roberts) en Hugo (Ivan Botha) op Mauritius ontmoet.

Hier gesels Illse oor haar rol

SARIE is ook ’n trotse mediavennoot en op 31 Januarie het ons ’n eersteklas-première, saam met die Vir Altyd-span in die Atterbury-teater in Pretoria gehou. Met die tema ’n eersteklasvlug na Mauritius.

Donnalee skitter op ons Februarie-voorblad. Ons kuier saam met haar en Ivan op Mauritius – moenie die fotosessie misloop nie! Nou te koop.

Donnalee Roberts Februarie Feb 2016

Lees nou