FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Bekendes

Disney verjaar, ons kies prinsesse!

Of dit nou Sneeuwitjie, Aspoestertjie of selfs Kate Middleton is, elke meisie het al daarvan gedroom om ʼn prinses te wees.

Wie kan die goue rok van Belle in Beauty and the Beast vergeet? Of Ariel se bloedrooi hare in The Little Mermaid? Gelukkig word talle kinders en selfs grootmense steeds bederf met moderne animasieprente soos Frozen (2013) en die opkomende Moana (2016).

Dis vandag Walt Disney se verjaarsdag! Die skepper van Mickey Mouse, Donald Duck en die res van die Disney-wêreld sou vandag 115 jaar oud gewees het. Hy is in 1966 net 10 dae ná sy 65ste verjaarsdag oorlede.

Hier’s ons keuses van wie die Disney prinsesse en prinse moet vertolk.

Sneeuwitjie – Rolanda Marais

599936-snow_white1_large

FOTO: SARIE

FOTO: Clinton Lubbe

Met haar ligte vel en donker hare sal sy perfek wees as die skone Sneeuwitjie.

Die Prins – Jozua Malherbe

Daar is net een mens wat die prins kan speel – haar man, Jozua Malherbe!

FOTO: Shanna Jones

FOTO: Shanna Jones

Belle in Beauty and the Beast – Donnalee Roberts

Belle_transparent

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Ons kan nie aan ʼn mooier Belle dink nie. Met Donnalee se donker hare en bruin oë sal sy absoluut beeldskoon lyk in die bekende goue rok.

Prins Adam / Beast – Ivan Botha

7de Laan se Pieter en Annelie, Pad na jou Hart se Basson jnr. en Amory, Vir Altyd se Hugo en Nina. Vir die afgelope paar jaar is Ivan Botha en Donnalee Roberts die silwerdoek se goue paartjie. En soos met koning Midas, verander alles waaraan dié twee raak in goud, oftewel lokettreffers. Daarom is daar niemand anderste as Ivan wat teenoor Donnalee moet speel nie.

vir altyd

Donnalee en Ivan in ‘n toneel uit Vir Altyd. Die trourok is deur Vesselina Pentcheva gemaak.

Aspoestertjie – Nadia Valvekens

Cinderella_Photo

FOTO: Aubrey Jonsson

FOTO: Aubrey Jonsson

Met Nadia se blou oë en blonde hare sal sy beslis haar stiefma en stiefsusters op hul plek sit.

Prins Charming – Bok van Blerk

Met sy diep stem en sy donker hare sal die talentvolle Bok perfek wees om Aspoestertjie se hart te steel.

FOTO Facebook / Bok van Blerk

FOTO Facebook / Bok van Blerk

Ariel in The Little Mermaid – Amalia Uys

Arieltransparentdesign

Amalia is perfek vir Ariel! Met haar bloedrooi hare en petite lyf sal sy beslis prins Eric se hart kan wen.

amalia uys

FOTO Marijke Willems

Prins Eric – Armand Aucamp

Die sjarmante Armand het talle kere bewys dat hy ’n reeks en ’n fliek kan dra. Ons dink hy sal perfek wees vir die rol van prins Eric!

FOTO Anika Molnár

FOTO Anika Molnár

 

Raponsie in Tangled - Nadia Beukes

Rapunzel_1_highres

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Vanjaar het Nadia haar eie sprokiestroue gehad. Maar ons dink sy sal ’n perfekte Raponsie maak!

Flynn Rider – Tim Theron

Ons dink Tim sal perfek wees as die held Flynn Rider. Nie net sal hy ons laat lag nie, maar ook sy man kan staan langs Nadia. Met ’n tikkie sjarme – natuurlik!

FOTO: Conrad Bester

FOTO: Conrad Bester

Jasmine in Aladdin – Monique Sutherland (SARIE se Voorbladgesig van die Jaar 2014-wenner)

Jasmine-disney-princess-33718064-673-1024

 

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Met haar jeugdige voorkoms en donker hare is sy perfek vir die rol van Jasmine. Ons weet net met wie sy op die towertapyt kan reis.

Prins Aladdin – DJ Mouton

Talentvol is hy beslis. En soos ’n verkleurmannetjie sal hy in dié karakter se skoene ten volle kan klim. Ons dink hy is perfek!

Dj Mouton

FOTO: Binnelanders (Dann-Jacques)

Elsa en Anna in Frozen – Leandie du Randt (Elsa) en Christia Visser (Anna)

1575_ElsaandAnna_40

FOTO: Marijke Willems

FOTO: Marijke Willems

 

FOTO Leana Clunies-Ross

FOTO Leana Clunies-Ross

Die talentvolle Leandie en Christia sal die perfekte geliefde sussies van Frozen wees.

Kristoff – Gideon Lombard

Gideon sal perfek wees as Kristoff! Ons wonder wie die stem van Olaf sal vertolk?

FOTO Verskaf

FOTO Suidooster

Aurora in Sleeping Beauty – Karlien van Jaarsveld

Aurora

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Ons dink Karlien is perfek as die Slapende Skoonheid.

Prins Philip – Viljé Maritz

Met sy blonde hare en blou oë sal Viljé beslis die bose Maleficent kan verslaan.

FOTO: Phyllis Green

Viljé Maritz

Tiana in Princess and the Frog – Portia Moemedi (SARIE Voorbladgesig van die Jaar 2015-finalis)

Princess-Tiana-disney-princess-31869807-1957-2242

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Met een soen sal Portia beslis ’n padda in ’n prins kan verander.

Prins Naveen – Emo Adams

Met sjarme en ’n skerp humorsin sal hy perfek wees om die rol van prins Naveen te vertolk.

 

FOTO Facebook / Emo Adams

FOTO Facebook / Emo Adams

Merida in Brave – Marike Nel (SARIE Voorbladgesig van die jaar 2013-wenner)

ffb8cf2cb8b547cd32909d7aebee8a4b (1)

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Marike sal perfek wees as die vurige heldin van Skotland.

Pocahontas – Tracey Lange

 

pocahontas

FOTO: Marijke Willems

FOTO: Marijke Willems

Tracey en haar kleurvolle persoonlikheid sal perfek as dié Disney-prinses werk.

John Smith – Pietie Beyers

Hy’s klaar besig om harte te steel op die kykNET-sepie Binnelanders. Ons dink hy sal perfek wees as dié bekende Engelsman.

Pietie Beyers

Pietie Beyers

Wat dink jy van ons keuses?

 

Lees nou

Marion Cotillard sê: “Dis nie my skuld nie”

WCW: Lupita Nyong’o – jy sal ook van haar hou!

Gebruik jy die regte blosser vir jou gelaat?