FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Bekendes

Brooke Shields: “Ek het aanvaar dat ek ouer word”

Brooke Shields (49) het in ‘n eksklusiewe onderhoud met People vertel dat sy nou aanvaar het dat sy nie meer dieselfde lyk as op 26 nie. 

Die ma van twee het onlangs in ’n eksklusiewe onderhoud met People oor die goeie en slegte van die verouderingsproses gepraat.

“Toe ek in my twintigs was het vyftig vir my baie oud geklink. Nou dat ek amper vyftig is voel dit glad nie meer so oud nie… Die maklikste is dat ek nou aanvaar wie ek is. Wat nou vir my belangrik is dat ek goed voel en nie dat mense dink ek lyk goed nie.”

In die onderhoud het Brooke, wat onlangs haar eie grimeringreeks saam met MAC vrygestel het ook genoem dat sy deesdae meer grimering dra. Volgens haar verkies haar dogters dit bo haar natuurlike voorkoms.

Die grimering reeks (ja, dit bevat ook ’n produk om daardie welige wenkbroue te tem) bevat 13-items vir beide ’n dag en aand voorkoms, is nou op MAC se webwerf beskikbaar. Hier is wat die aktrise oor haar reeks op Twitter te se het. 

Sy het die week ook ’n foto van haarself as jonger vrou geplaas.

Bron: The Daily Mail