FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Bekendes

RESEP: Elizma Theron se Botswana-pot

Die sangeres Elizma Theron is besig met gróót dinge – ná haar 2014-album Stilte en Storms skryf sy nou aan Boeregirl met ’n Countryhart, wat vroeg in September uitgereik word. Sy werk ook aan ’n draaiboek vir ’n liefdesverhaal, Toe-Val-Lig, saam met die aktrise Lélani Laing. (Hou SARIE.com dop vir meer daaroor.)

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

En sy is dol op kook. “Ons het jare lank gereeld Botswana besoek en as gesin in Moremi en Chobe gekampeer. Ek doop dié gereg Botswana-kos, want dit is daar gebore. Om ’n oop kampvuur, tussen die brullende leeus, langs die Khwai-rivier. Dit is my gunsteling-resep …”

Hoekom? “Elke happie neem my terug na daardie wonderlike tye. My ma moes minstens een keer per week sorg dat dié kos ook in Suid-Afrika op die tafel verskyn. En nou voer ek dit ook vir ons gesin. Dis maklik, vinnig en o, so lekker!’’

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Bestanddele

• 1 groot rol boerewors
• 2 uie
• 3 groot aartappels
• 1 pak (of blik) sampioene
• 1 blik tamatie-en-uiesmoor
• 1 pakkie beesstert- of bruinuie-soppoeier

Metode

• Sit wors in swartpot op die vuur. (Dit kan ook op die stoof in ’n pot met deksel berei word.)
• Gooi sowat 1 liter water by.
• Sny uie en aartappel in skywe (nie te dun nie, anders kook dit weg) en gooi in pot. Kook vir sowat 20 minute.
• Voeg nou sampioene en tamatie-en-uitesmoor by. Kook tot aartappels sag is.
• Maak soppoeier met klein bietjie water aan en gooi alles saam. Kook nog sowat 10 minute lank.
• Geniet op pap of roosterkoek.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Lees nou

Haar eie tienerevarings is deel van haar storie

Eloise Cupido trou met haar ridder

Paula se laaste aand op die kassie