FOTO: Instagram 
 evalongoria

FOTO: Instagram evalongoria

Bekendes

Eva Longoria verloof! Só lyk haar ring

Ná twee jaar se saamwees is die aktrise Eva Longoria en die mediabaas Jose Antonio Baston verloof, berig, E! Online

Die 40-jarige brunet het gister die goeie nuus met haar Instagram-aanhangers gedeel. “Ummmm so dit het gebeur … #Verloof #Doebai #Gelukkig,” is onderaan dié foto geskryf waar die paartjie mekaar in die woestyn soen – en haar ring in die woestynson skitter.

Ummmm so this happened….#Engaged #Dubai #Happiness

A photo posted by Eva Longoria (@evalongoria) on

Volgens Entertainment Tonight het die glanspaar Saterdag in Doebai verloof geraak. Hulle is daar om die Global Gift Foundation Gala tydens die Doebaise Internasionale Filmfees by te woon.

Eva was twee keer vantevore getroud – eers met die akteur Tyler Christopher (2002 – 2004) en toe met die basketbalspeler Tony Parker (2007 – 2011).

Bronne: E! Online en Entertainment Tonight

Lees ook 

ZZZ

Lees meer hier!