Fergie
Bekendes

Fergie en Josh se baba gebore! En sy naam is …

Die 38-jarige sangeres Fergie en haar man, die 40-jarige akteur Josh Duhamel, het hul eersteling, Axl Jack Duhamel, verwelkom. Dié naam is glo geïnspireer deur die rock ‘n roll-groep Guns N’ Roses se Axl Rose. Fergie is ‘n groot bewonderaar van dié groep en het al saam met die kitaarspeler Slash opgetree.

Hoe het hulle voorberei?

Ooievaarstee

Fergie het nie net een ooievaarstee gehad nie, maar drie! Die eerste een was ongeveer ‘n maand voor die geboorte van Axl.

Fergie en JoshFergie en JoshFergie en JoshFergie en Josh

Josh is ‘n gewillige pa

Josh het aan die media gesê dat hy bang is om ‘n pa te word, maar ook uitsien daarna. Hy wil ook soveel moontlik tyd neem ná die geboorte om tyd saam met Ma en baba te spandeer. “Ek kan my nie indink om ‘n kind te hê en nie daar te wees nie.”

Naamverandering

Fergie het ook haar naam wettig verander. Sy is Stacy Ann Ferguson gebore, maar het amptelik Fergie Duhamel geword.

Bekendes se regte name

Dissipline

Hulle het by die bekende honde-fluisteraar, Cesar Millan, gaan aanklop vir raad hoe om hulle worshondjie gereed te kry vir Axl se koms.

Fergie en Josh