Michael Buble
Bekendes

FOTO: Michael Bublé se eersteling

Die 27-jarige sanger en sy vrou, die 26-jarige Argentynse model Luisana Lopilato, het hul seun, Noah, verwelkom. Die It’s a Beautiful Day-sanger het nie op hom laat wag nie en het dadelik dié foto op sy Instagram-bladsy gedeel.

FOTO: Michael Bublé se sexy vrou

Michael Bublé

Hy het geskryf: Oorstelp van vreugde en dankbaarheid met die koms van ons seun.

Michael het voorheen gesê die dag toe hy uitgevind het hy gaan ‘n pa word, was die beste dag van sy lewe. Die paartjie het in Maart uitgevind dat hul eersteling ‘n seun gaan wees.

Michael Bublé se troufoto’s

Michael het ook gesorg dat hy in die laaste weke van haar swangerskap altyd naby aan Luisana is indien sy in kraam gaan. “Dit is vreesaanjaend vir haar. Sy is in ‘n land wat nie haar eie is nie, tussen mense wat ‘n taal praat wat nie haar eerste taal is nie.” Hy het ook gesorg dat haar familie naby haar is vir ekstra ondersteuning.

Michael Bublé

FOTO: Michael met ‘n Ierse rugbytruitjie vir Noah

Ons kies dít vir Noah

Noah sal beslis sy oulik lyk in die Cobalt Striped Babygro. Cobalt striped babygro
Mobile Noah sal iets hê om na te kyk terwyl pa vir hom sing. Die Mobile With Sheep And Tractor For Boys is perfek om hom besig te hou en te stimuleer!
T-bar shoes Hierdie oulike Graphite T-bar Shoes is gemaak vir klein voete! Die sole is van egte leer en die materiaal is in Suid-Afrika vervaardig. Al die produkte van Myang word deur vroue van agtergeblewe gemeenskappe gemaak.
Blue Striped Beanie Hierdie Blue Striped Beanie sal beslis sorg dat Noah se kop nie koud kry nie.
Shh ... Baby's asleep door hanger Laat almal weet dat die baas van die huis nou lekker slaap met hierdie Door Hanger.

*Toe dié artikel gepubliseer is, was die pryse van die items korrek en die items was nog beskikbaar in die SARIE-winkel. Pryse en voorrade mag enige tyd verander.