FOTO:  Preserve

FOTO: Preserve

Bekendes

FOTO’S: Blake Lively se ooievaarstee

Die 27-jarige aktrise Blake Lively het die koms van haar eersteling in styl gevier.

Blake is duidelik baie opgewonde oor haar en akteur Ryan Reynolds se baba wat op pad is… Nie net het sy onlangs haar swangerskap op haar webwerf Preserve.us aangekondig nie, sy het ook foto’s van haar ooievaarstee daarop gedeel – en dit was omtrent ’n stylvolle feesviering!

Volgens E! Online het Blake saam met ander swanger vroue, vriende en kinders ’n buitelug-ooievaarspartytjie met ’n herfstema gehou.

Blake en haar gaste is bederf met geskenke vir die ma’s en babas, mooi versierings en ’n drielaag-koek wat met blomme versier is.

Klik HIER om nog foto’s van dié ooievaarstee te sien.

Dit sal vir Blake en Ryan albei ‘n eersteling wees. Ryan was voorheen met Scarlett Johansson getroud en hy het die jaar ná hul egskeiding met Blake getrou.

blake-lively-ryan-reynolds

Blake en Ryan het al in die verlede gesê dat hulle graag ’n groot gesin wil hê. Ryan het teenoor Details Magazine gebieg hy hoop sy eersteling is ’n dogter.

Bron: Preserve.us, E! Online, Details Magazine  

Lees ook