FOTO: Instagram britneyspears

FOTO: Instagram britneyspears

Bekendes

FOTO’S: Britney Spears verras jong dansklas

Sangeres Britney Spears het oor die naweek haar liefde vir dans met studente van Rockit Dance Studio in Los Angeles gedeel, berig Entertainment Weekly

Die 33-jarige blondine het nie net die kinders met haar teenwoordigheid verras nie, maar ook ’n dansles aangebied. Lena Gold bied gewoonlik dié klas op ’n Saterdagoggend aan. Sy het op sosiale media vir Britney bedank en gesê dat die kinders “die tyd van hul lewe” gehad het.

Britney het ook brokkies van die klas op haar Instagram-blad gedeel. Kyk hoe lekker dans die kinders op Madonna se “Give Me All Your Luvin’”.

Volgens Daily Mail het Britney verlede week aangekondig dat sy haar gewilde Las Vegas-vertoning, Piece of Me, met twee jaar verleng.

Alhoewel die ma van twee alewig aan die gang is, is haar seuns, Jayden (9) en Sean (10), haar prioriteit. Beide hul verjaardae is vroeër dié maand gevier. 

Happy birthday to my boys…. love you so much Jayden and Preston!

A photo posted by Britney Spears (@britneyspears) on

Bronne: Entertainment Weekly en Daily Mail

Lees ook