FOTO: Kristi Agier

FOTO: Kristi Agier

Bekendes

FOTO’S: Kombuistee van rugbyspeler Jan Serfontein se verloofde

Die rugbyspeler Jan Serfontein en sy verloofde, Lani Scholtz, is al vir 4 jaar – sedert hul matriekjaar – ’n paartjie, maar ken mekaar al vandat hulle 10 jaar oud is.

Verlede jaar het Jan die groot vraag gevra en nou beplan hulle troue!

Lani het die afgelope naweek haar hennepartytjie en kombuistee gehou. Die pragtige blondekop het foto’s van dié lekker geleenthede op sosiale media gedeel.

#cape_town #bacheloretteparty #club_31 #bridetobe #bridesmaid @lanischoltz93

A photo posted by Nina G (@ninagreyling) on

A photo posted by Elke Brink (@elkebrink93) on

Lani het destyds aan SARIE.com vertel dat hulle in die boorde op haar pa, Calla Scholtz (ook ’n oud-rugbyspeler soos Jan se pa, Boelie), se plaas op Greyton gaan stap het – min wetend wat by die huis aan die gebeur is.

“Ek het toe in die kombuis begin rondsoek vir vuurhoutjies om kerse aan te steek. Ek het nie eens besef dat Jan intussen verdwyn het nie. Ek het omgedraai en ’n liggie in die gang sien brand. Daar was kerse in ’n lang paadjie gepak tot buite by die swembad vol roosblare. Die liedjie ‘Forever And For Always’ van Shania Twain het gespeel en toe ek buite kom, was daar foto’s van ons met wasgoedpennetjes vasgesteek van die een pilaar na die ander.

“Jan het aan die onderkant van die trappe gestaan met byna 100 kerse om hom en ’n tafeltjie gedek met vonkelwyn en rooi fluweelkoek in ’n hartjie-vorm gebak. My suster Kayli en haar kêrel, Heynie, het alles gereël terwyl ons gaan stap het.”

Lees verder oor hul verlowing HIER.

Lees nou