FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Bekendes

Ghoema-benoemings: Elvis Blue kóók!

Die benoemings vir vanjaar se Ghoema-toekennings is vandag aangekondig. Sanger Elvis Blue het sewe benoemings ontvang! Hy is onder meer benoem in die kategorieë vir beste manlike kunstenaar, beste liedjie én beste kontemporêre album deur ’n manlike kunstenaar. 

Francois van Coke is ook benoem vir beste manlike kunstenaar. En sy lied “Toe vind ek jou”, wat hy saam met Karen Zoid sing, vir beste liedjie.

Die nuweling Len Muller is nie net benoem vir beste nuweling nie, maar ook vir beste manlike kunstenaar. Andriëtte en Karlien van Jaarsveld is albei genomineer vir beste vroulike kunstenaar.

Die Ghoema-toekennings is op 25 April by die Johannesburg-teater.

 Vir die volledige lys van benoemings klik hier.

Lees nou