Bekendes

Heidi Klum vier 40 met ‘n hoede-party!

Die Duitse supermodel se vriende, familie, kinders en natuurlik haar aantreklike nuwe kêrel het almal die naweek bymekaar gekom vir die spesiale partytjie wat een van haar vriendinne vir haar gehou het, berig die Britse tydskrif Hallo!

“Ek kan nie wag nie! Ons gaan burgers, roomys, aartappelskyfies, sjokolade kry… al die gewone goed,” het Heidi, wat ’n glimmende top hat vir die geleentheid gedra het, gesê.

Sy het uitgesien na die partytjie waar elke gas ’n lawwe hoed moes dra, en op Twitter lyk dit of sy dié partytjie geniet het. Sy het selfs ’n foto van haar en haar vriendinne getwiet, waar elkeen met ’n hoedvormige koek poseer.

Gaste het aan koek in die vorm van hoede gesmul.

Haar vier kinders het hul ma met ’n spesiale geskenk bederf – vier spesiaal versierde afbeeldings van hul hande in ‘n spesiale raam.

Die spesiale geskenk wat sy by haar vier kinders gekry het.

Vir haar  is 40 eintlik maar net nog ’n nommer. Die supermodel het onlangs vir Ellen Degeneres gesê sy is nie regtig bekommerd oor veroudering nie.

“Wanneer ek ’n jaar ouer is, beteken dit ons is nog hier, besig om onsself te geniet,” het sy vir Ellen gesê.

Ons haal ons hoed vir jou af, Heidi. Dis nie almal wat veroudering met soveel grasie aanvaar nie!