Jennifer Aniston 
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Jennifer Aniston FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Bekendes wat sosiale media verpes

Sosiale media is nie almal se vriend nie … 

1. Dit verbaas Scarlett Johansson dat ander akteurs Twitter gebruik, maar sy is bly dat hulle dit tot hul voordeel kan gebruik. Tog verkies sy steeds om haar persoonlike lewe uit die openbare oog te hou.

2. Die aktrise Jennifer Aniston​ dink dit is baie hartseer dat kinders nie meer met mekaar praat nie en dat hulle heeltyd met hul selfone besig is.

3. ​​Tydens ’n onderhoud op BBC Radio 1 het die aktrise Jennifer Lawrence gesê sy sal nooit Twitter kry nie en dat sy nie goed is met tegnologie nie.

4. Daniel Radcliffe van Harry Potter-faam gebruik nie Twitter of Facebook nie. Dit is vir hom vreemd dat talle ander bekendes kla dat hul privaatheid nie respekteer word nie, maar dan deel hulle soveel inligting op verskeie sosialemedia-platforms.

5. Die sangeres Adele het aan i-D vertel dit is moeilik om sosiale media te ignoreer, maar dat sy nie heeltemal gemaklik is met die idee daarvan nie.   

6. Die akteur George Clooney het gesê hy sal eerder ’n ernstige mediese prosedure ondergaan, op TV nogal, voordat hy ’n Facebook-blad kry.

7. Die Olsen-tweeling: Ashley het aan Vogue.com gesê Twitter maak haar angstig. Mary-Kate het op haar beurt genoem dat hulle hul privaatheid baie hoog ag.

Bronne: Cosmopolitan, Vogue.com en BBC Radio 1

Lees ook 

ZZZ

Skryf HIER vir dié kompetisie in