Het jy gehoor?

10 dinge waaroor Juanita du Plessis droom + sy wys haar foto’s

Reis na Nashville om regte countrymusiek te gaan sing. Ek wil beslis eendag ’n pelgrimstog na Jerusalem onderneem om in Jesus se voetspore te stap en ek wil my gesin Disney World toe neem.

Lees Elke boek wat evangelis Joyce Meyer nog gaan skryf. Ek het al haar vorige boeke gelees. Sy is my aardse mentor. Ek kan nie so gereeld kerk toe gaan nie, want mense hou my heeltyd dop. My kerk is in my hart. As Christen in die vermaakbedryf kyk mense met arendsoë ingeval jy verkeerd trap. Joyce inspireer my om op die pad te bly.

Ontmoet My droom om Joyce te ontmoet het waar geword toe sy Suid-Afrika besoek het en my gevra het om by haar praatjies op te tree. Weens ander verpligtinge kon ek dit net een keer doen, maar dit was ’n seën. Ek het “Vlieg hoog” in Afrikaans gesing: Oor die deel in Jesaja wat sê as jy op die Here vertrou, raak jy nie moeg nie en vlieg jy op arendsvlerke. Joyce kon nie verstaan wat ek sing nie, maar die laaste deel van haar preek het op presies dieselfde vers gefokus.

Sien Ek wil graag die uittog van die massa wildebeeste op die Serengeti en die noorderligte by die Noordpool sien, en ’n wit Kersfees saam met my kinders beleef. En eendag, my eerste kleinkinders . . .

Bemeester Ek wil ’n goeie pianis word. Ek is spyt ek het nie as kind die klavier of kitaar leer speel nie. Ek het my kinders vir musieklesse gestuur en wou saam met hulle leer, maar ek is te besig en hulle is my al ver voor. Ek kan ’n bietjie op gehoor speel. As ek liedjies skryf, voel ek dit in my kop.

Ontslae raak van my perfeksionisme en onvermoë om af te skakel. Ek is gedrewe en baie krities op myself. Ek wil dinge dadelik gedoen hê.

Koop As ek eendag baie geld het, gaan ek ’n perdeplaas koop. Een soos in die flieks waar die perde op groen vlaktes wei. As ek perdry, voel ek ’n band met die dier. Ek voel sy ritme en ek drink die stilte in.


Proe
Niks sal ooit by boerekos kom nie. Ek is vol fiemies vir vreemde kosse. Ek verkies braaivleis of Doepie se potjies.

Gee Ek wil ’n ligdraer wees en vir mense leer dis beter om te gee as om te ontvang. Ek wil my kinders voorberei op die lewe en hulle leer van respek en verdraagsaamheid vir ander.


Bereik
Ek wil ’n beter liedjieskrywer word en as kunstenaar groei. Maar dit gaan nie net oor musiek nie. Ek wil mense bereik. Ek is reeds so geseënd. Ek het van kleins af oor
roem gedroom en die Here het elke droom laat waar word. Hy laat my op arendsvlerke vlieg.

KYK OOK DEUR HAAR FOTO’S IN DIE GALLERY HIERONDER

Juanita as baba

  • Ina Nasilowski

    BAIE BAIE DAKNIE! Geniet altyd om te lees en te sien van Juanita. Ons ken haar vanuit Namibië – die Here is werklik so goed vir haar! Kan nie so gereeld die SARIE! koop nie (moet maar eers aan die brood en botter dink) – so dit is eintlike ‘n WONDERLIKE VOORREG om SARIE so te lees.

  • Christelle van Staden

    Juanita – jy is die toonbeeld van vroulikheid! Ek is mal oor jou en sal altyd bly. Bo en behalwe jou ongelooflike talent – bly jy ook ‘n voorbeeld vir elkeen van ons deur altyd jou Christelikheid uit te leef. Mag jy meer "blessings" kry as wat jy ooit verwag!

  • Hannely

    Dankie vir die amazing voorbeeld wat jy vir ons almal….asook ons tieners en jongmense stel. My seuns is 23 en 26 en geniet jou musiek nes ons! Ek was so lekker verras om ‘n link van jou te kon luister op Kuduclub se Facebook….bring heimwee hier ver in UK!

  • WUs5ud ubcaqzhawmwz, [url=http://vvfnsuztgdli.com/]vvfnsuztgdli[/url], [link=http://bwzusruhkvvp.com/]bwzusruhkvvp[/link], http://gzxwwcssojvt.com/

  • tqpvxihqq

    F9rWBj venozzgphayv, [url=http://mdhiumyqgkjt.com/]mdhiumyqgkjt[/url], [link=http://rhufkkxojfgy.com/]rhufkkxojfgy[/link], http://fmmsnszfqiij.com/

  • zbjfjdmpp

    5f2h36 eebyrluayced, [url=http://dyiuxxqcybsk.com/]dyiuxxqcybsk[/url], [link=http://hjhdpyfopgaj.com/]hjhdpyfopgaj[/link], http://tdxitlhrmdvs.com/

  • Marietjie van Vuuren

    Ons in Namibie sal altyd trots wees op ons Jesus kind uit Namibie. Juanita en my dogter was saam op skool en ek onthou steeds die pragtige langbeen skooldogter. Dis wonderlik om te sien hoe jy en jou familie jul christenskap waarlik uitleef. Jy is ‘n aansporing en voorbeeld vir oud en jonk.

  • Rose Nel

    Hi,
    Hoekom is Juanita nie op skouspel nie!! Was ook nie verlede jaar. Wat ‘n teleurstelling!!

  • Marge Naude

    Jy is ‘n voorbeeld vir elke vrou ons is trots op jou, my man praat altyd van sy 2de vrou (ek gee glad nie om nie) hy is ook ‘ n groot bewonderhaar van jou dit is ‘n groot insperasie en gee ons rustighed om na jou musiek te luister. Ons is nou 57 jaar oud maar geniet elke omblik jou musiek en DVD’s

  • Jacoleen De Beer

    Dankie Juanita vir alles wat jy en jou gesin vir ons as publiek doen julle gee soveel van julself vir ons en ons waardeer jou so baie
    Jy is regtig als wat elke vrou wil he – dankie vir die menslike mentor wat jy in my lewe vir my is jy is n wonderlike voorbeeld as ek die dag af is dink ek aan jou en die lig wat jy uitstraal – jy laat my lag en jy laat my huil met daardie awsome mooi woorde in jou liedjies jy straal Jesus se lig uit en bereik elke mens kan nie dink dat jy nie iemand in die lewe aanraak met die warmte wat jy uitstraal nie – dankie vir die voorbeeld en dankie vir jou musiek ons gesin is verslaaf aan jou musiek
    My dogtertjie soos al verskeie kere vir jou genoem hang letterlik aan jou lippe (Heidi) sy het nou die dag n praatjie moes lewer in gr R vir punte vir haar rapport en raai wat sy het oor haar tannie Juanita gepraat sy het haar juffrou in trane gehad baie dankie vir die blessing in ons lewe !!! n plus is vir haar dat jy op dieselfde dag as jy verjaar dus vir haar so COOL!!
    kan nie wag vir jou nuwe cd nie ons het al die voriges en dvd’s want sodra jy op die rak is haal ons jou af en in ons huis kry jou cd ‘s en dvd’s nie tyd om stof te kry nie

    Mag Jesus al jou drome waar maak
    liefde groete Jacoleen

  • Gisela

    Juanita ek is net 14 en ek is mal oor jw , jy is n baie besonderse musiek ek het al jou cd’s elke een van huulle en hulle bly net vantasties ek wens ek kan jw eendag ontmoet en net n drukkie gee ek bly in Upington jy behoort te weet waar dit is hehehe. Jy het my gehelp om aan te hou met die lewe , toe ek 8 was ,was ek my boetie en my 2 ouers in n karongeluk en alby my ouer is oorlede dit was baie hard vir my toe het ons nog in Bronkhorstpruit gebly by my ouma en oupa toe die jaar(2012) is alby my ouma en oupa ook dood ek bly nou in Upington by n oom en tannie ek is rerig lief vir jou en bewonder jou .My droom en wens is net om eendag vir jw n drukkie te kan gee ,my naam is Gisela .ek het al proebeer om jou te sms op twitter maar dit werk ni lekker nie ek hoop rerig jy kry die boodskap …dankie Juanita vir als jy is beeldskoon xxx

  • Jacqueline

    Hi Juanita,jys n toonbeeld van die perfekte vrou,iemand wat weet wie en wat sy in Christus is,n oorwinnaar,n koningskind.Jy en jou gesin is n inspirasie vir elke huisgesin in die tyd en wereld waarin ons leef vandag.Jy is definitief n geseende van die Heer,want jy leef Jesus se voorbeeld dmv jou goedhartigheid,blydskap en liefde en volg dus reeds in Jesus se voetspore.Ek het die voorreg gehad om ongeveer 3-4jaar gelede n show van jou in Despatch by te woon,na die show het jy fotos saam bewonderaars geneem,ek het net gekyk,jyt so breekbaar gelyk,ek wou jou net n drukkie gee,maar ongelukkig is ek baie skaam en wou nie inmbreuk maak nie.Ek droom ook soms oor ver lande en reise daarheen,maar net soos die Here dmv jou werk deur dit wat jy doen,net so gebruik Hy eenvoudige mense soos ons op eenvoudige plekke soos Despatch bv.Jou beroep is n baie besondere een,want jy is n besondere vrou,ma en persoon.Ek sal eerder graag n bewonderaar bly.Ek besef dat jy dalk ook soms voel asof jy van alle kant gedruk word.Ek stem saam met jou dat allles net deur God se genade moontlik gemaak word.In ons eie krag kan ons nie staande bly nie.Die Here seen jou en jou gesin omdat daar eenheid isGod kan nie seen as daar verdeeldheid is nie,dis waarom ons land en meeste instansies nie suksesvol reguleer nie.Waar God nie erken word nie,is verdeeldheid en verval.Als wat mooi is vir jou en gesin.Jy is n prag-mens,binne sowel as buite.Seenbede en Jesus-liefde.

  • Sarie Wentzel

    Juanita jy is ‘n pragtig mens,ons probeer so een maal ‘n jaar na jou optredes gaan kyk,ons laaste een was nou 7Februarie 2013 .dit was weer eens baie mooi en pragtig.

  • Bets Oosthuizen

    Juanita ek geniet elke cd en dvd,s van jou. Elke een dra n boodskap uit. Wonderlik om jou reeds paar keer by jou vertonings te kon n drukkie gee. Jy lag altyd maak nie saak waar jy optree nie. Jou geloof saam met jou huis gesin is n baie groot voorbeeld vir enige een. Jy wat nie skaam is om te se dat jy n ware kind van die liewe Vader is nie. Ek weet HY dra jou en omvou jou want HY weet dat jy sy kind is. Jy werk ook vir HOM met jou musiek en jou boodskappies. Lekker om jou somtyds op TV te sien met onderhoude wat met jou gevoer word. Jou glimlaggie is altyd daar. Jy sal ook altyd boodskap aan ons by die huis gee. Bly soos jy is jy is n koningin van ons harte met jou persoonlikheid. Mooi seenwense vir jou wonderlike loopbaan. Baie liefde