Alicia-Vikander-Vogue-Magazine-January-The-Dapifer
Het jy gehoor?

10 dinge wat jy nie van Alicia Vikander geweet het nie

Sy’s groot. Jy ken dalk (nog) nie haar naam nie, maar leer dit sommer nou – Alicia Vikander gaan dié toekenningseisoen op almal se lippe wees. 

Soos met Jessica Chastain ’n paar jaar gelede, is Alicia taamlik onbekend vir die gewone fliekganger. Maar soos Jessica ’n huishoudelike naam geword het ná haar benoemings vir The Help en Zero Dark Thirty, is die voorspellings dat Alicia die volgende superster gaan word. Die rolprente wat haar in die kollig geplaas het, is The Danish Girl en Ex Machina – sy is ook vir hulle onderskeidelik vir Beste Akrise en Beste Vroulike Byspeler by die Golden Globes benoem. (Die Oscar-benoemings word eers op 14 Januarie bekend gemaak.)

Hier is 10 dinge wat jy van Alicia Vikander moet weet

#1 Sy is in Gothenburg, Swede, gebore. Alicia is nie die enigste Sweed wat dit al in Hollywood gemaak het nie – ikoniese aktrises Greta GarboAnita Ekberg, en Casablanca se Ingrid Bergman is ook in Swede gebore. So ook Malin Akerman, Bond-meisie Eva GreenHelena Mattsson en True Blood-akteur Alexander Skarsgård.

#2 Sy word van 9-jarige ouderdom opgelei as ballerina by die Royal Swedish Ballet School in Gothenburg.

#3 Op 16 wou sy skool verlaat om haar heil te gaan soek in die TV-wêreld en ontdek toe haar passie vir toneelspel. Haar balletdrome is aan’t skerwe weens beserings. Sy verskyn in verskeie kortfilms en TV-reekse.

#4 Sy doen twee keer oudisies vir dramaskool, maar word afgekeur. Sy wou ook regte studeer het, maar toneelspel kry die oorhand, en soos hulle sê die res is geskiedenis.

#5 Anna Karenina (2012) was haar eerste Engelse fliek. Sy speel hierin teenoor die bekende Britse aktrise Keira Knightley.

#6 Sy is ’n passievolle kok en haar gunsteling is om die Sweedse gereg pekelharing te maak.

#7 Haar kêrel is die Oscar-benoemde akteur Michael Fassbender van 12 Years a Slave. Hulle speel ook later vanjaar saam in The Light Between Oceans

#8 Omdat sy Sweeds is, moet sy aksente aanleer om by die flieks te pas – sy beskryf dit as “terryifing” aan Indie Wire. En vir A Royal Affair (2012) moes sy binne 2 maande leer Deens praat.

a-royal-affair-poster01

#9 Sy was die “nuwe” gesig van Louis Vuitton in 2015 en het in die voetspore gevolg van Michelle Williams, Jennifer Connelly & Charlotte Gainsboury.  

Alicia Vikander

#10 Haar ma was ’n bekende verhoogaktrise, Maria Fahl Vikander.

Hooffoto: Op die Januarie-voorblad van Vogue beskryf hulle haar as “Hollywood’s Swede Heart.”

Kyk hieronder na die lokprente van The Danish Girl en Ex Machina;

Bronne: Telegraph, E! OnlineThe Independent, Indie WireThe telegraphJust Jared en Wikipedia