donald-trump-01-435
Het jy gehoor?

10 dinge wat jy nie van Donald Trump weet nie

Al volg jy nie die Amerikaanse presidentsverkiesing nie, sal jy weet die miljardêr Donald Trump, oftewel The Donald, laat baie Amerikaners se nekhare rys. En dié gevoel kom nie net uit die Demokratiese kamp nie, maar ook vanuit sy eie party, die Republikeine.

‘Toksies’, ‘gevaarlik’, ‘bombasties’, ‘onkonvensioneel’

Dís net van die beskrywings wat lede van sy eie party hom al gegee het, berig CNN.

Op Super Tuesday, die dag waar 13 deelstate voorverkiesings hou, het The Donald geseëvier in die wedloop om die die Republikeine se kandidaat te word. Hy het 49% steun in Massachusetts, 39% in Tennessee en 43% in Alabama gekry, berig CNN. Hy het nóú 319 afgevaardigdes en in die tweede plek is senator Ted Cruz met 226 afgevaardigdes.

Hy het reeds in Nevada, Suid-Carolina en New Hampshire koning gekraai. En 49% van alle Republikeinse kiesers ondersteun The Donald.

10 dinge wat jy nie van Donald Trump weet nie

1) Sy van was oorspronklik Drumpf. Maar sy voorvaders het dit in die 17de eeu verander.

2) Sy oupa, Frederick, en ouma, Elizabeth, was immigrante van Duitsland. Sy oupa het in 1885 na die VSA verhuis.

3) Hy is al drie keer getroud, met Ivana Zelníčková (1977-1991), Marla Maples (1993-1999) en Melania Knauss (2005-). Ivana en Melania is albei buitelanders en kom onderskeidelik van die Tjeggiese Republiek en Slowenië.

4) Sy eksvrou Ivana het vir hom die noemnaam ‘The Donald’ gegee.

5) Hy het vyf kinders. Donald jr. (38), Ivanka (34), Eric (32), Tiffany (23) en Barron (10). Hy het ook sewe kleinkinders. Sy dogter Ivanka help haar pa met sy verkiesingsveldtog.

6) Donald drink geen alkohol nie.

7)  Hy is bang vir kieme. En skud nie sommer mense se hande nie. In sy 1997-boek, The Art of Comeback, skryf hy dié gewoonte is een van die grootste vloeke in die samelewing.

8) Donald het baie klein hande. En hy hou nie daarvan as iemand dit uitwys nie, berig CBS News.

9) Vanaf 2002 besit hy die skoonheidskompetisie Mej. Heelal saam met die TV-stasie NBC. In 2015 het hy NBC se aandeel van 50% oorgekoop en drie dae later het hy Mej. Heelal aan WME/IMG agentskap verkoop.

10) Die ding waaroor hy die spytste is, is dat hy nie met prinses Diana kon uitgaan nie. Hy het daaroor geskryf in sy boek The Art of Comeback.

11) Wat gaan aan met sy hare?

Bronne: CNNChicago Tribune, Boston.com, Chron, CBS News, Wikipedia, Bustle