Het jy gehoor?

10 dinge wat jy van Suidooster móét weet

Suidooster, die splinternuwe sepie wat in die Kaap afspeel, is van vanaand af op die kassie.

 

Hier is 10 goed wat jy oor dié sepie moet weet

  1. Suidooster is die eerste Afrikaanse sepie wat in Kaapstad verfilm word.

  2. Dit het slegs vyf maande en 15 dae geneem om alles gereed te kry – van die aankondiging op 1 Junie tot die eerste episode wat op 16 November uitgesaai word.

  3. Die Suidooster-ateljee was voorheen ’n Makro-groothandelaar.

  4. Die verfilming van Suidooster het op 5 Oktober begin. Daar word 4 dae ’n week daagliks een episode verfilm, met ’n ekstra vyfde dag vir buiteskote en om ekstra skote op te stel.

  5. Daar is 65 permanente personeel wat op Suidooster werk.

  6. Die akteurs en produksiespan val reeds soggens 07:30 by die ateljee in en werk tot sowat 19:30 saans.

  7. Alistair Izobell het spesiaal twee liedjies vir Suidooster komponeer, waarvan een as die temalied gebruik word.

  8. Om een episode van 22 minute uit te saai, skiet 3 kameras vir ongeveer 10 ure elke dag – wat beteken ongeveer 30 ure se skietwerk word na 22 minute afgesny!

  9. Daar is ’n karakterbybel vir die reeks en so het elke karakter byvoorbeeld selfs sy/haar eie sterreteken – Denise Newman se karakter, Bridgette October, is ’n Skerpioen!

  10. Suidooster is ook ‘n ware familie-geleentheid: pa en dogter, Cedwyn en Portia Joel, is saam in die rolverdeling en die tweeling Marco en Marcel Spaumer is ook Suidoosters: Marco as Tim en Marcel as Teks- en storiekoördineerder.

Suidooster word Maandae, Dinsdae en Woensdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en kykNET & kie.(DStv-kanaal 145) uitgesaai.

Ontmoet van die karakters

Bly op hoogte van die nuutse Suidooster-nuus op hul Facebook-, Instagram- en Twitter-blad.

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!