FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

10 kere wat Kate Middleton ons aan prinses Diana herinner het

Hoewel Kate Middleton, die hertogin van Cambridge, nooit haar oorlede skoonma, prinses Diana, ontmoet het nie, volg sy in haar voetspore as dit by mode en styl kom. Hier is 10 geleenthede waar Kate ons aan Diana laat dink het.

Kate het in 2009 aan prins William verloof geraak. Hul verlowingsfoto is deur die bekende fotograaf Mario Testino geneem. Die blou rok wat Kate in die foto dra, herinner aan die rok wat Diana in haar verlowingsfoto aan het.

Toe William en Kate in 2010 getrou het, het hulle die koninklike tradisies nougeset gevolg, daarom is daar duidelike ooreenkomste tussen hul troue en dié van Charles en Diana in 1981.

Albei prinsesse se swangerskapmodes was stylvol en duisende vroue wêreldwyd het dit slaafs nagevolg.

Die foto spreek vanself oor die twee se eenderse smaak.

Mens wonder of dit toevallig is … dié ski-baadjies is baie eenders!

Weer eens is albei die toonbeeld van styl in dié foto’s.

Die blou polkakol-rokke ná die geboorte van hul eerstelinge is seker die heel beste voorbeeld waar Kate haar skoonma op ’n spesiale dag geëer het.

Kate trek nie net soos haar skoonma aan nie, maar sy het ook ’n hart van goud soos Diana vir wie liefdadigheid baie na aan die hart gelê het.