Het jy gehoor?

1ste FOTO: Angelina Jolie as Disney-karakter, Maleficent

Die produksie aan dié Disney-fliek het op 13 Junie vanjaar in Engeland afgeskop en Jolie speel die superfeeks Maleficent in die gelyknamige fliek, die eerste waar Robert Stromberg in die regisseurstoel sit. Stromberg was voorheen hoof van die kreatiewe span agter James Cameron se Avatar en Tim Burton se Alice in Wonderland. 

Die fliekstel in Buckinghamshire, Engeland, word tans opgerig en baie goed bewaak deur sekuriteitswagte, sommige met Rottweiler-honde. (Klik vir foto’s van die stel.)

Suid-Afrika se eie Sharlto Copley is een van Angelina se medespelers. Die fliek is die onvertelde storie van die feeks Maleficent uit die 1959-classic, Sleeping Beauty. Die 3D-weergawe sal na verwagting in Maart 2014 in Amerikaanse teaters begin draai.

Disney se Maleficent