celine_tweeling
Het jy gehoor?

1ste FOTO: Celine Dion wys haar tweeling vir die wêreld

Celine Dion (42), die Franse Kanadese sangeres, het ses weke gelede geboorte geskenk aan haar tweelingseuns, Nelson en Eddie, ná vele vrugbaarheidsbehandelings. Dié trotse ma het besluit om die eerste foto’s eksklusief vir die Kanadese uitgawe van Hello! tydskrif te gee en lesers kan hulself aan meer as 20 pragfoto’s verlustig. Sy erken dat sy “geen slaap” kry nie en in ‘n onlangse onderhoud met Larry King (sien onder) het sy vertel hoe sy aanvanklik gesukkel het om die tweetjies uit mekaar te ken. Voor sy en haar man, René, op name besluit het, was hulle sommer Baba A en Baba B.

Nelson is vernoem na onse eie Madiba – Celine het Mandela op haar laaste toer na Suid-Afrika ontmoet. Eddy is vernoem na die liriekskrywer, Eddy Marnay, wat saam met Celine aan vyf van haar Franse albums gewerk het.

Sy vertel ook dat sy aanvanklik drie babas verwag het, maar dat sy een baba tydens die swangerskap verloor het.

Die paartjie het ‘n tienjarige seun, René-Charles.

CELINE GESELS MET LARRY KING (DEEL 1)


CELINE GESELS MET LARRY KING (DEEL 2)


  • Lisa van Romburgh

    Hulle is absoluut kosbaar ! Well done Celine. Jy kan maar net nie ‘n voet verkeerd sit nie. Ek hoop jy geniet hulle

  • hpydog

    wpQHX6 sifnathqvbzf, [url=http://myjpvjgkbosl.com/]myjpvjgkbosl[/url], [link=http://gbazwcltqlyb.com/]gbazwcltqlyb[/link], http://qdvzztewiwlf.com/