Het jy gehoor?

1ste FOTO! Die Twilight-gesin: Ma Bella, Pa Edward en dogter Renesmee

Met die 2de aflewering van die Twilight: Breaking Dawn wat binne die volgende 6 maande in Amerika uitgereik gaan word, het Ma Bella, Pa Edward en dogter Renesmee nou vir die eerste keer saam op ‘n ‘gesinsfoto’ verskyn.

Die voorblad van Entertainment Weekly is besig om soos ‘n veldbrand oor die internet te versprei en aanhangers oftewel Twi-hards die bewerasies van opwinding te gee.

Die rol van Renesmee, die half-mens, half-vampier dogter van Bella Swan (Kristen Stewart) en Edward Cullen (Robert Pattinson), word gespeel deur die oulike 11-jarige aktrise Mackenzie Foy. Fliekgangers het haar ‘geboorte’ in Twilight: Breaking Dawn Part 1 gesien, maar in die 2de deel is sy reeds ouer omdat sy, as half-mens en half-vampier, baie vinnig ouer word.

* Twilight: Breaking Dawn Part 2 begin 16 November in Amerika draai. Hou sarie.com dop vir die Suid-Afrikaanse loketdatum.

Die amptelike plakkaat van Twilight: Breaking Dawn Part 2

  • Mej. M. Pienaar

    Kan nie wag.

  • Maritza Schickerling

    Beslis iets om na uit te sien….gelukkig hoef ons nie meer so lank te wag nie 🙂

  • Chantel Nel

    Jinne, ek is juis besig om die boek te lees, dit is so opwindend om die eintlike karakters te sien en hoe hulle nou gaan lyk! Kani wag vir die fliek nie!

  • Hennie

    Beste Fliek Nog OOIT!!!!

  • Melissa

    Twilight