Het jy gehoor?

1ste FOTO: Naomi Watts as Prinses Diana

Ons moes letterlik twee keer kyk! Die Oscar-benoemde aktrise Naomi Watts het ‘n ongelooflike transformasie ondergaan vir haar rol as Prinses Diana. Die eerste foto’s van haar met Diana se ikoniese middel-neëntigs haarstyl het laat gister (2 Julie 2012) op die internet begin opduik ná sy in Londen afgeneem is.

“Ek voel baie bevoorreg om hierdie rol te kan speel,” het Watts in ‘n verklaring gesê. Die fliek, Caught in Flight, deur die regisseur Oliver Hirschbiegel fokus op die tydperk toe Diana na bewering ‘n liefdesverhouding met hartchirurg, dr. Hasnet Khan gehad het. Diana is op die ouderdom van 36 tragies in ‘n motorongeluk in Parys oorlede.

Daar is aanvanklik aangeneem dat The Help-aktrise, Jessica Chastain, dié rol sou speel. Maar ons dink Naomi is ‘n uitstekende keuse!

* Vir nóg foto’s, gaan na www.comingsoon.net

  • Linda van Zyl

    Daar sal nie nog ‘n vrou met soveel grasie en "looks" soos Prinses Diana wees nie. Daar was en sal net een van haar wees. As ek my verbeelding gebruik, kan Naomi Watts dalk so bietjie na Diana lyk. 😉

  • Suzette

    Linda ek stem 100% saam met jou, daar sal nooit ooit ‘n vrou wees so mooi en stylvol soos Diana nie, so jammer ek deel nie jul mening nie, ek sukkel maar om die ooreenkoms te sien.

  • Erika

    Lyk glad nie soos Prinses Diana nie, nie eens nastenby nie.

  • Lindi-Lee Bekker

    Ek stem saam met Suzette en Linda. Niemand sal so mooi en stylvol soos sy kan lyk nie. Veral haar laaste jare was sy beeldskoon en altyd perfek.

  • Elsa Dyssel

    Ek stem nogal saam met die menings hierbo – ek sien ook niks van Prinses Diana in Naomi Watts nie 🙁 Daar is nie en sal nooit n ander Prinses Diana wees nie!

  • Anna-Marie

    Ek moet saamstem. Nie eers ‘n vergelyking nie !!!

  • Beryl

    Die oe en haarslyl ,ja maar beslis nie die mond en neus nie.Dianna het nie so groot neus gehad nie,

  • Annelize

    Goeie probeerslag, maar nee. Ek het die foto omtrent bekyk, maar kan nie die ooreenkomste sien nie, dalk die oe, en dalk die hare, wat in elk geval te dun is, maar dis ook al.

  • Grieta Meyer

    Baie beslis NEE.
    Glad nie eens ‘n sweempie van ‘n vergelyking nie.
    Probeer julle nou namens Naomi roem vir haar soek.

  • Amanda

    Ek stem saam, daar is vir my geen ooreenkomste tussen haar en Prines Diana nie. Meskien was Diana
    net ‘n natuurlike beelskone vrou.

  • Miekie

    Nee Linda, jy kyk duidelik nie mooi nie. Naomi Watts lyk glad nie soos Prinses Diana nie. Ek stem saam met die ander menings. Daar sal net een Prinses Diana wees.

  • H Verster

    Julle moes twee keer kyk! ASB!

  • Penn

    Genugtig, sy lyk GLAD en GEHEEL nie naastenby soos Diana nie!!!

  • BC

    Nee! Die vere maak beslis nie die voël nie.

  • Christine Clack

    Nie eers amper nie . . .

  • DJ Krummelpap

    Uhm, Wie was prinses Diana nouweer?

  • Hester Williams

    Sy trek eerder na Camilla!

  • Magda Vermaak

    O nee nie naastenby nie, dit sal moeilik wees om iemand te kry wat soos Diana lyk, sy was UNIEK,
    Ek sien wel trekke van Camilla Paker Bowls.

  • Lillian

    Niemand sal ooit vir Diana kan na-maak nie, selfs nie eens met ‘n "complete make over" nie. Daar was net EEN Prinses Diana! Maar ek sal graag die fliek wil gaan kyk.

  • Chani Hodgkinson

    Nee wat, as ‘n groot Diana-fan sien ek glad nie die ooreenkoms nie, haar beeldskoonheid & grasie ontwyk Naomie heeltemal!

  • Marianne Valentine

    Naomi trek hoogstens ‘n bietjie op Diana – glad nie haar ewebeeld nie, niemand sal dit ooit kan wees nie, reken ek as ‘n jare lange en steeds ‘n Diana-fan.

  • louise

    nee wat geen vergelyking nie, Diana was pragtig..

  • Hanneke

    Nee, nooit, sy lyk glad nie soos Diana nie.

  • Hannetjie

    Slegs een prinses Diana!
    – die een wat die biologiese ma was van William en Harry.

  • Marthilda fourie

    Nee kyk hul sit die pot totaal mis!!!!!!!!

  • Zettie

    Sy was een van die mooiste vrouens ooit gewees…..sal nooit ha ewe beeld kry nie. Sy het die mooiste persoonlikheid gehad, sy het altyd gelag al was da pyn en hartseer en niemand sal ha skoene kan vol staan, nie eers Camila nie en soos jule se da sal nooit wee iemand soos Diana wees. Jy is en sal altyd ‘n "Legent" wees.

  • Amanda

    Nee.