prinsescharlene_getty
Het jy gehoor?

1ste FOTO: Prinses Charlene se nuwe haarstyl

Tydens Sondag 22 April se aksiebelaaide finaal in die Monte-Carlo Rolex Meesters het Rafael Nadal die agtste agtereenvolgende keer met die titel weggestap. Hy het die wêreld se nommer een, Novak Djokovic, met 6-3, 6-1 verslaan. Novak het letterlik ure voor sy kwarteindrondte gehoor dat sy oupa oorlede is. Hy het steeds voortgegaan om Robin Haase te verslaan.

Monaco se stylvolle Prinses Charlene was daar om die trofeë aan die twee tennisspelers te oorhandig – met ‘n nuwe korter haarstyl. Charlene en haar prins, Albert, het Djokovic vroeër verlede week ook vereer vir sy bydrae tot sport in Monaco. Hy’s Serwies, maar woon en oefen in dié klein Mediterreense prinsdom.

  • Petro

    Sy bly pragtig!

    ….sal sy ons volgende Prinses Di word?

  • Katjie

    Van ver ja maar die kamera en oë kan nie lieg – dis die oë van ‘n gepynigde siel. Bid vir haar, en Bid vir hulle. Ek bewonder haar – sy is gewoond haar uiterste beste te gee – geen swemmer kan bereik wat sy bereik het sonder die grootste opoffering en bloedsweet. Sy verdien die beste want sy kan haar beste gee maar hier is groot heling wat net van bo kan kom, nodig. Ek bid dat God’s Helende Hande en Almagtige Gees hulle sal toevou en veilig hou.

  • Marie le Garange

    Sy kan poenskop wees dan sal sy nog pragtig lyk

  • Jenny

    Pleks sy ‘n slag glimlag! Waarom wil sy altyd so hartseer en weerloos lyk?

  • cecilia

    Yes ek will net sê…miskien is ek bietjie uit pas uit,ja defnitief,sou ek myself kon oordeel…. prins Albert moet die grond soen waarop prinses Charlene loop….hy het n goeie vrou gekry…haar gelyke loop net onder die Suid Afrikaners…hoop hy waardeer haar…..

  • Mysi

    Uiteindelik het ons n ander haarstyl as die afgelope jare se lang los styl hare. Almal lyk dieselfde dis net die kleur wat verskil. Dankie tog!!

  • veralda

    ek hou van die nuwe hare, dit gee ‘n bietjie meer beweging omdat sy die langhare meesal vasgedra het.

  • Elzabe Meintjes

    Geen verandering aan die totale voorkoms. Iets soos kuifie wat weggekam word en ietsie voor die ore, sou die gesiggie meer karakter gegee het. Dalk gaan sy dit nog doen. Mens maar versigtig as jy die eerste keer kort knip.

  • Rita Rossouw

    Beautiful from Benoni – met ‘n glimlag sou dit baie beter gewees het – maar sy bly stylvol en ‘n manjifieke statussimbool van grasie – go Charlene go!!!

  • Gerda

    Sy is pragtig en ek wil glo regtig gelukkig. Mense moet nie te gou negatiewe menings vorm net oor media-berigte nie.

    Ek hou van die nuwe haarstyl; sy het nie van nature welige, dik hare nie en die nuwe kortkop pas haar goed. Mag hulle lewenslank gelukkig bymekaar wees.

  • butch

    sy is ongelooflik pragtig – met watter haarstyl ook al – sy verlang seker bietjie na haar ma ok

  • Marlien

    Hare is pragtig, maar ek dink sy moet iets aan haar gesigsuitdrukking doen. Sy hoef nie tande te wys nie, maar ‘n glimlag gaan wondere verrig. Soos sy tans lyk is dit gin wonder dat almal dink daar is fout met haar huwelik nie.

  • Rita

    Sy is pragtig, kort of lang hare – alhoewel ek die definisie van die kort styl verkies. Maar ons volgende Prinses Di?? Sjoe, sy sal darem maar baaaaie meer moet glimlag om met Diana vergelyk te kan word – soos Jenny hier bo sê: sy’s ‘n toonbeeld van hartseer. As sy dalk wel gelukkig is saam Prins Albert, hoekom dit nie wys nie??

  • Sanette

    Hoekom kan sy nie glimlag nie?Sy is pragtig. Sy het alle rede om sonder ophou te glimlag! Maar sy verkies om soos ‘n regte knorpot te lyk!

  • Marina Smalberger

    Min is ook mooi – stylvol maar eenvoudig kan ook pragtig lyk. Sy is ‘n natuurlike skoonheid, stil en op haar plek, waardig soos wat dit van ‘n prinses verwag word. Sy lyk nog gelukkig saam met haar prins, ek hoop net dit hou vir altyd.

  • Suzanne

    SANETTE: vir my lyk dit asof sy in skerp lig inkyk, nie asof sy vies frons nie.

  • Bianca Berry

    Sy lyk soos ‘n gepynigde siel. Verpletter en hartseer! Skande. Sy het alle rede om dankbaar en gelukkig te wees, waarom so vieslik suur?

  • Helho

    Wonder hoekom almal verwag dat sy vir ‘n hele tenniswedstryd moet glimlag? Haar wange sal kramp. Daar is pragtige lagfoto’s ook geneem! Gaan kyk bietjie.

  • Nadie

    Genade dames, maar julle is negatief! Sy kyk tennis, sy hoef nie elke oomblik van die dag te glimlag nie – ek dink nie een van julle doen dit nie! Los die Prinses nou in vrede en vergeet van al die gerugte voor die troue! "Gerugte" – niks van dit was toe waar nie. Net tyd sal julle almal verkeerd bewys!

  • Beatrix.

    Ek dink Katjie slaan die spyker op sy kop. Die opoffering van geloof en aanvaarding van omstandighede
    kan net met weemoed en stilte aanvaar word.
    Ons bid vir haar.

  • Natasha Nell

    Charlene is beeldskoon en sy gedra haar soos ‘n waardige prinses. Suid Afrika moet trots wees op haar en ophou negatiewe aanmerkings maak. Dit kan nie vir haar maklik wees om geduring in die publieke oog te wees nie.

  • Wiesie Klopper

    Dis vir my SO hartseer dat ons nou soos al die mense oorsee altyd ALMAL loop en afkraak!! Genade, niemand van ons loop permanent met hakies om die ore wat by die mondhoeke ingehaak is nie!!! kry ‘n lewe en hou op oordele vel.

  • Annatjie

    Pragtig – maar moenie haar met Diana vergelyk nie,sy het ook maar haar eie seer en haar eie domkoppie dinge aangevang.Charlene is n mens op haar eie,dankie tog,ons is nie almal dieselfde nie.

  • katjies

    Ek wens haar regtig nie Prinses Di se lewe toe nie – is dit moontlik nou – soos enige mens verdien sy om sielsgelukkig te wees – dit wens ek haar – hulle albei, toe.

  • Elize

    Het julle Charlene geken in die dae voordat sy ‘beroemd’ geword het? Sy is ‘n inkennige mens wat gladnie van nature spontaan praat en lag nie. Sy is nog altyd dieselfde, sy het nog nooit verander nie. Los die liewe mens uit en waardeer die feit dat sy nog altyd, van jongs af, waardig opgetree het en dat sy oral waar sy in kontak met die publiek was met respek opgetree het.

  • Edna

    Ek sien groot hartseer in daai ogies. Sy is pragtig en sy is ‘n sterk vrou en sy sal die negatiewe ook oorwin. Dis verseker nie maklik om ‘n prinses te wees nie. Dink net sy kannie in die winkels rondloop soos ons nie – sy kan nerens gaan sonder dat die paparazzi haar agtervolg nie. Sy mag nie vir een oomblik vergeet wie sy is nie en moet pasop wat sy doen en waar sy is. Dink jouself in daardie rol – met AL daai geld en prag en praal – sal JY gelukkig kan wees???? NEE dink weer – dis ‘n abnormale lewe om ELKE DAG die regte klere te dra – die regte dinge te praat – die regte kosse te eet en vas gehok te wees in die paleis (haar huis). As sy dus nie glimlag terwyl sy tennis kyk – vergewe haar – sy moet ook net kan ontspan en iets geniet.

  • Elizabeth

    Nee Petro! Sy sal NOOIT ons volgende Prinses Di word nie!! Diana was sprankelend en PRAGTIG!! Sy het soveel vir ander gegee. Net Kate kan dalk nog haar skoene vol staan!!

  • Rina

    Dankie tog, ek is uniek net soos sy ons is wie ons is, en dit waarvan ons en ons geliefdes hou is belangrik. Stel julle voor hoe HRH Charlene sou gelyk het met al die veranderings wat almal aan haar wil voorskryf. Die beste voorbeeld wat ek vir julle kan gee, sny die volgende vrugte in ronde skywe en dan in kwarte, lemoen, suurlemoen, naartjie, pomelo, voeg kiwivrugte by….pak nou die skywe van die lemoen in een sirkel, vir elke verandering skuif een van die ander vrugte kwarte in die sirkel, die Prinses sal soos n stuk laslappie lyk as al die kla kouse met haar klaar is. Wees trots op haar, sy is n pragtige mens.

  • Emma

    Kyk bietjie op FB na Queen Rania van Jordanië. Hoekom sien ons nie meer van haar nie?

  • Johan Smit

    Hierdie vrou, PRINSES CHARLENE, met die treurige oê en mond krap in my siel. As ek haar sien is dit nie net vir kyk en klaar kyk nie. Sy het so `n "voorkoms" wat my twee keer en meer laat kyk. Sy is pragtig!! Ek weet net nie of daardie ou man van haar so lekker afgaan nie. Hy vertoon so glibberig. Ek wil glo dat sy maar deur hel gaan in daardie huishouding. Veral nog met sy ou susters ook. Daar was mos so `n juwele debakel ook voor die troue as ek reg kan onthou. Ek dink sy het in elk geval pragtig gelyk sonder die juwele. Natuurlike SA skoonheid. Ons het darem maar van die mooiste vrouiens in die wêreld hier in SA.

  • Maertie

    Ek kan my verkyk aan hierdie beeld van ‘n mens. Haar siel skyn deur haar oë, moet asseblief nie sulke lelike aanmerkings maak nie. ek dink sy is pragtig. Ek dink haar stem alles pas perfek. Geen oormatigheid nie, sy is ‘n engel

  • A3

    Sy is tog te fraai, hartseer ogies en al, sy lyk net vreeslik broos , nes `n porseleinpoppie wat enige oomblik kan breek. Hou haar maar dop, sy gaan in prinses Grace se spore volg!

  • Amanda

    Ek bewonder haar dat sy bereid was om baie op te offer vir haar LIEFDE. Sy lyk nie baie gemaklik met die openbare beeld nie, maar hanteer dit met soveel grasie en styl. Haar oë vertel die storie van ‘n privaat-mens wat nou in die kamera se lens moet beweeg en gemaklik moet voorkom. Sy is baie stylvol en eerlik en ek haal my hoed af vir haar!

  • Elna

    pragtig maar dan so hartseer?

  • Fransie

    Sy is pragtig met sulke sielvolle oë. Geen mens kan 24/7 lag of glimlag nie. Die wat so kritiseer glimlag of lag julle elke sekond van die dag …….. nee so gedink!!

  • ANNA H LEMMER

    Sy lyk meer weerloos en ek dink persoonlik sal ‘n Chinese bobstyl met ‘n kuif haar fyn gelaat beter komplementeer! Waaom die pers regsit om elke moontlike menslike emosie VERKEERD te wil vertolk gaan my verstand te bowe!