siennamiller_getty
Het jy gehoor?

1ste kykie! Silwerdoekster is nou sigbaar swanger

Haar ma en sus het vroeër vanjaar dié nuus bevestig, maar nou kan mens duidelik sien dat Sienna Miller op dertig vir die eerste keer ma gaan word. Sy en haar kêrel van ‘n jaar, Tom Sturridge (26), het die blye nuus blykbaar oor Kersfees met familie en vriende gedeel.

Die twee het begin uitgaan ná haar aan-af-verhouding met die akteur Jude Law. Sienna en Tom het albei in aparte verhoogstukke in Londen gespeel toe hulle ontmoet het – sy in Flare Path en hy in The Boat That Rocked.

Daar is nog geen sprake van huweliksklokkies nie en almal bespiegel dat die baba rondom Julie gebore sal word. Dis duidelik dat Sienna ook nie van plan is om ‘n woord oor die nuwe verwikkelinge in haar lewe te rep nie.