diana
Het jy gehoor?

2011: Die jaar van Prinses Diana

En nou kan ons uitsien na 2 flieks oor haar lewe – glo een met onse eie Charlize in die hoofrol en die tweede met Keira Knightley.

Die fliek waarvoor Charlize genader is, is ‘n projek van die Bafta-bekroonde regisseur Stephen Evans. Hy wil sy weergawe baseer op ‘Diana: Closely Guarded Secret’, die boek wat Ken Wharfe, Diana se persoonlike sekuriteitswag, oor hul 8 jaar saam geskryf het. Die rol van Ken sal blykbaar deur Ewan McGregor gespeel word. 

Keira Knightley sal in ‘n ander beplande fliek die hoofrol vertolk met die adelike dame en bekroonde aktrise Helen Mirren as Diana se ma, Frances Shand Kydd

Die dood van Diana en haar destydse kêrel, Dodi Fayed, in 1997 het skokgolwe deur die wêreld gestuur. Hulle het in ‘n motorongeluk in Parys, Frankryk, gesterf. Haar lyfwag, Trevor Rhys-Jones, was die enigste persoon wat die ongeluk oorleef het. 

2011 beloof ook om ‘n groot jaar vir haar seun en troonopvolger, Prins William, te wees. Na alle verwagting sal hy en Kate Middleton uiteindelik voor die kansel beland. Die ander koninklike troue waarna ons vir seker kan uitsien, is dié van Prins Albert van Monaco en sy Suid-Afrikaanse liefling, Charlene Wittstock, in Julie.

Voorwaar ‘n koninklike jaar!

Wie maak ‘n beter Diana?

 

Charlize TheronKeira Knightley

  • http://www.google.comom Shantell

    Ons eie Charlize maak ‘n perfekte Dianna!

  • http://hbumdxfxzxri.com/ lxweuqca

    HnGP0h jfvladnkfhni, [url=http://rjmfgcsorufr.com/]rjmfgcsorufr[/url], [link=http://dlscwohybkbe.com/]dlscwohybkbe[/link], http://nnjmjutmbyxx.com/

  • Bronwyn

    Charlize definitief! Keira is te super maer!!!!

  • Gladys

    Charlize natuurlik!

  • Ella

    Verseker ons eie Charlize. Diana en Charlize se glimlag lyk identies.

  • Carine

    charlize wen los hande sy is net te pragtig