Het jy gehoor?

2012 se grootste liefdestreffers GRATIS!

Suid-Afrika se gewildste kunstenaars het saamgespan om die beste en mooiste liefdesliedjies op een CD te sit, spesiaal vir Valentynsdag en vir 
SARIE-lesers.

Met Jay & Lianie se 
gewilde duet “Toe stop my hart”, Bobby van Jaarsveld se “Love Song Letter” en Theuns Jordaan se “Namibsroos”, asook 
treffers van Bok van Blerk, Robbie Wessels, ons voorbladgesig
Karlien van Jaarsveld,
Riana Nel, Jannie Moolman, Eden, Coleske-broers en nog vele meer, is dit die grootste bederf 
waaraan jy kan dink.

GRATIS!

Met 15 volledige treffers, die meeste geskryf deur Johan Vorster en Ewald Coleske, beloof hierdie album om jou al die liefde te bring wat 2012 van jou gaan vra!

Karlien van Jaarsveld, voorbladgesig vir die Februarie-uitgawe

  • Karin

    HI Dis altyd lekker om van die bekendes weer op ‘n Sarie se voorblad te sien. Maar ‘n nuwe, vars gesig soos die van Karlien is darem ook baie welkom

    Baie dankie vir die CD – dit was ‘n lekker bederf. Ek het al lekker geluister.

  • Annelise

    Dit lyk na ‘n pragtige uitgawe met ‘n lekker bonus. Dankie Sarie, kan nie wag om jou op die rak te gaan soek nie.

  • Nine Broodryk

    Hanri STUNNING STUNNING JOB!!!Watter PRAGTIGE voorblad!!! Ek is oppad Spar toe om myne te gaan koop!!!

  • Margaret van Eck Schoeman

    Sarie, julle verras my elke maand met ‘n puik weergawe wat gelees kan word deur lesers van enige ouderdom. Hierdie maand se CD is ‘n vol treffer. Baie dankie! Ek het dit dadelik in my motor se CD-speler gelaai en geniet elke snit.

  • Veronica

    Baie dankie SARIE vir die lekker verrassing. Pragtige CD, al my gunstelinge. Hierdie uitgawe is vir my baie spesiaal omdat ek ‘n baie spesiale verjaardag gaan vier. Ek hou al my Saries,maar die een sal ek vir my kleindogter, Carli, bewaar wat op 6 Januarie 2012 gebore is. Mag die tydskrif van krag tot krag gaan.Groete.

  • madeleen grobler

    Baie dankie vir die gratis CD – het vandag daarna geluister en dis mooi.

  • Tresa Peo

    HAllo my liewe Sarie wat kan ek se jy bly n wenner en altyd n lekker bederf daarby. baie baie dankie. julle is great.
    tot volgende maand.

  • Maddel

    Hoe kan mens nou al weet wat gaan 2012 se GROOTSTE liefdes treffers wees … die is dalk vorige jare sin?

  • Tina

    Sorry ek kan nie nou iets se nie gaan gou-gou my Sarie koop

  • Anastasia retsos

    Hoekom moet ons wat die e-Sarie kry ook nie die cd kan op ons rekenaar kry sodat ons dit kan kopieer. Veral ons wat ooersee ly. Ons sou dit ook nie in elk geval gekry het al het ons die tydskrif per pos gekry nie.

  • Riska

    Baie nice boek maar sonder jou is oor hou goed dit gaan sonder iemand? ek hou baie van die snit maar sou beter as liefde of iets nie beter op n liefde cd gepas het nie?

  • Tjaart Herbst

    Wat van ons wat in die buiteland woon? Ons ondersteun ook Sarie en sal ook daarvan hou om ‘n CD te ontvang van al ons gunsteling sangers. Komaan Sarie, wat van ‘n verrassing vir ons wat hier in die verre lande woon?
    Groete uit Thailand

  • Elsabe

    Dankie vir my gratis CD. As ek ‘n CD moes gaan koop, sou dit my meer as R100 uit die sak gejaag het. Great geskenk.

  • Charlien van Wyk

    Bly ook oorsee
    Doen graag mee
    Deur Zinio bly ek tevree
    Maar O wee!
    Geen liefdes cd vir ‘n traan of twee!