FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Dié babas is in 2014 gebore

Dit lyk of 2014 sowaar die jaar van die babas gaan wees! Talle bekendes het reeds vanjaar nuwe pienkvoete in hul lewens verwelkom.

Elizma Theron se Eli-zé

Sangeres Elizma Theron en haar man, Nico Grobbelaar, het Donderdag hul eersteling, klein Eli-zé, in hul lewens verwelkom. Dié kleintjie het twee weke vroeër as verwag gekom. Dit gaan goed met haar én Mamma Elizma. Lees híér meer oor Eli-zé se koms.

Simon Cowell se Eric verander sy lewe

Simon Cowell se seun, Eric, is verlede naweek gebore. Op Twitter vertel Simon dat hy nooit besef het hoeveel trots en liefde hy sal ervaar nie. Klik hier vir nog foto’s van Simon se klein Eric.

Simon se seuntjie, Eric FOTO: Twitter

Simon se seuntjie, Eric
FOTO: Twitter

Nuwe koninklike baba in Swede

Swede se prinses Madeleine, wat verlede jaar aan die Britse sakeman Christopher O’Neill getroud is, het volgens The Guardian ook Donderdag ’n dogter ryker geword. Die kleintjie, wie se naam nog nie bekend is nie, is in New York gebore. Blykbaar gaan dit goed met ma én dogter.

Victor Matfield kry sy naamgenoot

Rugby-speler Victor Matfield en sy vrou Monja het hul derde dogter aan die einde van Januarie verwelkom. Victoria Tasmin Matfield, oftewel Tasmin, was dadelik haar ouer sussies se gunsteling-pop. “Ons geniet haar sover baie,” het Victor aan SARIE.com vertel. Lees hier wat Pa Victor nog vertel het.

Giselle (links) en Jaime Matfield by hul sussie Tasmin FOTO: Twitter @BallzRadio

Giselle (links) en Jaime Matfield by hul sussie Tasmin
FOTO: Twitter @BallzRadio

Hollywood-paartjie verwelkom hul eersteling

Die akteurspaar John Krasinski (Something Borrowed, The Office) en Emily Blunt (The Devil wears Prada, The Five Year Engagement) het ook die afgelope naweek húl eerste baba verwelkom.

John en Emily by verlede jaar se Golden Globe toekenningsaand FOTO: Instagram (@goldenglobes)

John en Emily by verlede jaar se Golden Globe toekenningsaand
FOTO: Instagram (@goldenglobes)

John het Sondag klein Hazel se aankoms op Twitter aangekondig.

KEN JY IEMAND WAT ’N NUWE BABA GEKRY HET? Lewer kommentaar onderaan dié artikel of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

  • Regina Lehmann

    Mark Fish se seun Blake is 1 Nov 2013 gebore, spesiaal gewag dat hy van Survivor eiland terugkom!