jul_2013
Het jy gehoor?

22 Junie: Dié week in foto’s …

Ons vier pragtige vroue

Die Julie-uitgawe van SARIE is op die rakke – met drie Mejj. SA’s wat pragtig lyk op die voorblad! (foto bo).

Lees hier meer oor Suzette, Amy en Melinda + ekslusiewe video’s waarin hulle gesels!

Hulle deel ook met ons watter parfuums hulle gebruik om op hul mooiste te laat voel. Dit is net so elegant soos hulle! Lees hier wat hulle gebruik.

In ander parfuum-nuus: Estée Lauder het vir die eerste keer in ‘n dekade ‘n parfuum bekendgestel!
  En Melinda Bam is aangewys as die sexyste vrou ter wêreld! Dit is nie moeilik om te sien waarom FHM hierdie titel aan haar gegee het nie!

Die SARIE Voorbladgesig se top-36 finaliste is ook bekendgemaak in dié uitgawe van SARIE. Sien die eerste 5 finaliste op ons webtuiste: Amore Caldeira, Angelique Reyneke, Aneen Kuhn, Annalize Hanekom en Anneline Jansen. Die res word daagliks op sarie.com bekendgemaak!

Twee van Suid-Afrika se mooiste vroue het gróót veldtogte losgeslaan! Bonang Matheba, Top Billing-aanbieder en YFM-platejoggie, is deur Revlon as hul heel eerste plaaslike handelsmerk-ambassadeur aangekondig!
Natasha Barnard het weer ‘n Guess-veldtog losgeslaan. Hierdie mooi SA vroue maak ons trots!

Die mooiste vrou bly maar die een wat gemaklik is in haar vel. Die Binneland-aktrise Sandi Scholtz sê ná 8 jaar op dié sepie (vir eers) tot siens vir haar rol as dr. Jennifer Adams. Lees hier wat haar benadering tot veroudering is én waarom sy sê sy lyk fantasties!

Die heldin in die nuwe Superman-film, Amy Adams, stem ook saam. Sy sê:

Om perfek te wees is nie normaal nie, dit is ook nie interessant nie.

Lees ons skoonheidsredakteur, Charis Labuschagne se wenke oor hoe om jou vel teen veroudering te beskerm!

Dié video van Mej. Utah wat ‘n onsamehangende antwoord gee tydens vanjaar se Mej. VSA-kompetisie het vinnige op die internet versprei.

Tydens die jaar se kompetisie is die volgende gebruik:

  • 268 blikkies haarsproei
  • Byna 13 km se haarverlengings
  • 1 000 paar kunsmatige ooghare
  • 120 buisies lipglans
  • 150 botteltjies verbruiner
  • 200 aandrokke
  • … en 20 botteltjies gom sodat hulle bikini’s nie optrek nie!

Mej. Connecticut Erin Brady het die kroon by Nana Meriwether oorgeneem. Nana is in Suid-Afrika gebore!

Ouers

Kim Kardashian en Kanye West se kleinding is gebore! ‘n Verpleegster by die hospitaal het haar mond verbygepraat en vir ‘n dag het die wêreld gedink hul dogtertjie se naam is Kaidence Wonda West, maar dié gerug was toe heeltemal vals. Hulle het op North West besluit en sal haar Nori vir kort noem.

Channing Tatum en Jenna Dewan-Tatum het hierdie oulike foto van Everly op hul facebook-blad gedeel.

Jenna Pietersen, model en die meisie van Jack Parow, het hierdie week met sarie.com gepraat oor hoe sy haar modellyf so vinnig ná die geboorte van hul dogter, Ruby, teruggekry het. Lees die onderhoud hier én sien mooi foto’s van dié gesin!

Jennifer Lopez het ook vinnig ‘n tawwe fiksheidsroetine ná haar swangerskap gevolg. Maar sy sê sy was trots op haar magie net ná haar swangerskap, want dit is iets wat sy “verdien” het. Lees meer hier.

Die model Gisele Bündchen het hierdie oulike foto’tjie van haar en Vivian Lake Brady gedeel terwyl sy joga doen.

Lees nóg oor jou gunsteling celeb-ouers: Hoekom skaam Britney Spears se seuns hul vir haar, wil Ben Affleck en Jennifer Garner nóg ‘n kind by hul kroos van 3 voeg en sal Reese Witherspoon se kinders ook akteurs word?

En die wêreld se oë is steeds op die koninklike paartjie wat amper gaan ouers word. Kate, die hertogin van Cambridge, sê sy is baie bekommerd dat William nie by die geboorte gaan wees nie, weens werksverpligtinge. Sy gaan ook in dieselfde hospitaal as Diana geboorte skenk.
  Jy kan ook ‘n jas dra soos wat Kate het! Kry jóú Kate-geïnspireerde jas in die SARIE-winkel!  

Verhoudings

Katy Perry het hierdie week onthul dat haar eksman, Russell Brand, haar per SMS laat weet het dat hy wil skei. Sy lyk pragtig op die voorblad van Vogue. Ons kan sien waarom sy en die rokjagter John Mayer nou ‘n paartjie is!
Die wêreld was geskok toe daar foto’s verskyn het waar die bekende televisie-sjef Nigella Lawson se man haar aan die nek wurg. Lees die storie hier. Blykbaar het sy uit die huis getrek én haar trouring afgehaal.  

Nóg op sarie.com

Louis en Lise gesels oor narsisme

Bok Schalk se vrou Michele deel haar foto-oomblikke

Die ontwerper Gert-Johan Coetzee deel sy gunsteling foto’s

Die Voetspore-span ontmoet Obama se ouma in Afrika