Etienne en Donnalee Roberts by die première van die fliek Klein Karoo, wat hy help skryf het.
FOTO: Facebook

Etienne en Donnalee Roberts by die première van die fliek Klein Karoo, wat hy help skryf het. FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

26-jarige skryf én regisseer sy eie fliek

Die 26-jarige Etienne Fourie is een van die Afrikaanse fliekwêreld se opkomende talentvolles. Nie net skryf hy vir baie regisseurs draaiboeke nie, hy is ook self die regisseur van die nuwe Afrikaanse fliek Die Windpomp.

Etienne, wat gehelp het om die 2013-fliek Klein Karoo te skryf, het sy honneursgraad in regie en die skryf van draaiboeke aan die AFDA-filmskool in Kaapstad verwerf.

Klein Karoo se Tim Theron gesels

“Ek moet sê, ek is baie trots op Die Windpomp. Ek kan nie wag om dit vir mense te wys en hul terugvoer te kry nie,” sê Etienne oor die eerste vollengte-fliek waarvan hy die regisseur is. Die Windpomp het op filmskool begin toe hy deurnag ’n kortverhaal geskryf het om ’n kortfilm van te maak.

Armand Greyling (links) en Etienne Fourie FOTO: Facebook

Etienne (regs) by Armand Greyling, wat die manlike hoofrol in Die Windpomp speel.
FOTO: Facebook

“Wanneer ek dink waar die fliek begin het, is dit eintlik ’n baie cool gevoel om te sien waar ons nou is. Van die dialoog wat in die kortverhaal was, is steeds in die fliek ook.”

Die kortfilm wat Etienne vir sy eksamenprojek uit sy verhaal gemaak het, het ’n Amerikaanse fliekvervaardiger en eksaminator só beïndruk dat hy Etienne genader het om ’n vollengte-fliek te maak. Die plan was aanvanklik om net 45 tot 60 minute by te skiet rondom die bestaande kortfilm.

Kyk hier waaroor Die Windpomp gaan

“Maar dit was baie moeilik, want die storielyn was so dig dat al die nuwe materiaal onnodig gevoel het. Ek het die vervaardigers lank gesmeek om eerder net oor te begin en verlede Januarie het hulle vir my gesê ek moet die hele storie oorskryf,” sê Etienne, wat dit geniet het om dié keer self die regisseur van sy draaiboek te wees.

“As ek vir ander regisseurs skryf, moet ek die draaiboek neutraal hou sodat hulle steeds hul eie stempel op die fliek kan afdruk, maar vir Die Windpomp kon ek self die prentjie maak wat ek gehad het toe ek die draaiboek geskryf het,” sê hy, en voeg by dat hy daarvan hou om verskillende genres met mekaar te kombineer wanneer hy flieks skryf.

“Die lekkerste sal seker wees as die fliek eers in die teaters draai, maar nou is daar nog net stres, so ek vat dit een tree op ’n slag,” sê hy.

Die Windpomp FOTO: Facebook

Die Windpomp
FOTO: Facebook

Hy sê hy het die storie vir sy ma, Marijke, en susters, Marcel en Claudi, geskryf.

“Dis vir mense wat iets anders in ’n fliek soek.”

Dié fliek, met Leandie du Randt en Armand Greyling, sou volgens Etienne nie dieselfde gewees het as dit nie vir sy vriend, Johan Prinsloo, wat die rolprentfotografie behartig het, was nie.

Leandie du Randt in musiekvideo

Armand Greyling, Marga van Rooy en Etienne Fourie FOTO: Facebook

Armand Greyling, Marga van Rooy en Etienne Fourie.
FOTO: Facebook

“Die fliek is net soveel syne as enigiemand anders s’n. Ons het dié fliek in sy kombuis begin maak en ons werk steeds in sy kombuis,” sê Etienne. Hy meen Johan is deel van die hart van die fliek.

“Ek het gedink dis insignificant,” onthou hy die nag wat hy sy kortverhaal, Die Windpomp, geskryf het. “Maar niks is insignificant as jy dit met passie doen nie – vier jaar later is ek trots op die fliek! Ek kan nie glo ek is hier nie.”