FOTO: Instagram roz.kelly.morkel

FOTO: Instagram roz.kelly.morkel

Het jy gehoor?

3 Protea-boepies op een foto!

Minstens drie van die vroue agter ons nasionale krieketspan is tans swanger. Kyk na dié skattige foto van Morné Morkel, AB de Villiers en JP Duminy se vroue waar hulle met hul groeiende Protea-boepies spog. 

Morné se vrou, Roz Kelly, het ons met dié foto op haar Instagram-blad bederf. Sy is gekiek saam met Danielle de Villiers en Sue Duminy by gister se Krieket Suid-Afrika-toekennings.

“Dit is wonderlik om dié reis met sulke spesiale dames te deel,” was Danielle se reaksie op die foto.

FOTO: Instagram roz.kelly.morkel

Roz Kelly, Danielle de Villiers en Sue Duminy FOTO: Instagram roz.kelly.morkel

Dié drie het ook individuele foto’s op sosiale media gedeel.

Roz was stylvol en sexy in swart.

FOTO: Instagram roz.kelly.morkel

Morné Morkel en Roz Kelly FOTO: Instagram roz.kelly.morkel

Dié paartjie het rede om te glimlag. AB het weggestap met die volgende vier pryse: SA Speler van die Jaar, Eendagspeler van die Jaar, SA Spelers se Speler van die Jaar én SA Ondersteuners se Speler van die Jaar.

FOTO: Instagram danielledevilliers

AB en Danielle de Villiers FOTO: Instagram danielledevilliers

Sue skitter in blou.

FOTO: Instagram sueduminy

Sue en JP Duminy FOTO: Instagram sueduminy

Lees nou