dj arch jnr
Het jy gehoor?

3-jarige SA’s got Talent-wenner haal internasionale koerante

Die 3-jarige platejoggie wat eergisteraand SA’s got Talent gewen het, DJ Arch Jr., haal selfs media-opskrifte in die buiteland.

Klein DJ Arch Jr. het met sy oudisie die beoordeelaar DJ Fresh van 5FM só beïndruk dat hy vir hom ’n Golden Buzzer (die kans om direk na die halfeindstryd deur te dring) gegee het. Sosiale media het daarna behoorlik gegons oor dié talentvolle seuntjie van Alexandra.

Sy pa, Glenn Hlongwane, het na afloop van die kompetisie gesê DJ Arch het nie mooi besef wat gebeur nie, hy het gedink hy kry weer ’n Golden Buzzer, berig e-tv.

Die hele wêreld is geboei deur DJ Arch Jr, selfs groot internasionale media soos TIME berig oor sy groot wen.

Hy het R500 000 losgeslaan deur dié kompetisie te wen.

 

Simply adorable!

Posted by TIME on Monday, November 9, 2015

Kyk sy optrede by die eindronde van SA’s got Talent:

Lees ook