Taylor Swift
Het jy gehoor?

3 Redes waarom Taylor Swift en Calvin Harris ’n oulike paartjie sal maak

Is hulle saam of net goeie vriende? E! Online het vir ingeval hulle wel saam is ’n lys saamgestel van redes waarom Taylor Swift en Calvin Harris ’n oulike paartjie sal maak. 

Gerugte doen die rondte dat die sangeres Taylor Swift en die platejoggie Calvin Harris in ’n verhouding is. Dié twee is saam gekiek by ’n onlangse Kenny Chesney-konsert, waar hulle mekaar vashou.

Nie een van hulle het al die gerugte bevestig nie.

Hoekom Taylor en Calvin saam pas

1. Hulle het dieselfde vriende

Taylor en Calvin is albei vriende met die musikante Ed Sheeran, Ellie Goulding en die rockgroep HAIM.

2. Van hul vorige verhoudings het in die openbare oog tot ’n einde gekom

Die wêreld was elke keer aan die gons toe Taylor se hoëprofiel-verhoudings (met Harry Styles, Jake Gyllenhaal en John Mayer) misluk het. Toe Calvin se paadjies met die sangeres Rita Ora geskei het, was dit ook oral in die media.

3. Hulle is albei aantreklik

Mooi was nog nooit lelik nie! Taylor en Calvin pronk graag op die voorblaaie van verskeie tydskrifte.

calvin harris

Lees HIER vir die volledige lys

Bron: E! Online

Lees ook