leer

Simone Theron van Theron & Theron: Ons inspirasie van suksesvolle vroue-entrpreneurs. Lees hul storie: hier

Het jy gehoor?

3 redes waarom vroue-entrepreneurs suksesvol is PLUS wen R15 000 vir jóú sake-droom

1st for Women vier vroue-entrepreneurs – en ons kan sien waarom!

Die internasionale bankgroep BNP Paribas het verlede jaar in hul jaarlikse Entrepreneursverslag bevind dat vroue-entrepreneurs suksesvol is.

FFW

En die finansiële joernalis David Prosser dink die rede vir vroue se sukses is dat hulle oor die regte eienskappe beskik, onder meer:

1) Vroue is goed daarmee om berekende risiko’s te neem. In ’n peiling wat deur die Centre of Entrepreneurship (in hoofsaaklik die Verenigde Koninkryk) onderneem is, het 80% van die vroue-entrepreneurs wat ondervra is gesê hulle sien eerder geleenthede raak waar ander risiko’s sien.

2) Vroue is suksesvol ten spyte van die grense waarvoor hulle dikwels in die werkplek te staan kom. In sekere gemeenskappe het vroue steeds beperkte toegang tot geleenthede, maar in die studie is bevind dat vroue ondanks hierdie hindernisse dit steeds regkry om groot geld huis toe te bring.

3) Vroue is ambisieus: Ongeveer 66% van vroue in korporatiewe beroepe wil hul eie onderneming begin. En 47% van vroue wat reeds hul eie besigheid het, wil nóg een begin.

Lees ons inspirerende storie oor hoe die entrepreneur-susters Simoné en Berné Theron hul passie in ’n suksesvolle besigheid omskep het HIER.

leer

FOTO Hannes Roodt

Nou is dit jóú beurt

1st for Women plaas jou eerste deur vir drie maande elke maand R15 000 weg te gee om jou sake-droom te verwesenlik – nou is die tyd om daardie droom in ’n realiteit te omskep! #weputyoufirst

FFW_Logo_RGB

{ENTRY form}

* Bepalings en voorwaardes geld. FDV 15261