Kim Kardashian
Het jy gehoor?

Die kortste celeb-huwelike

Tot die dood ons skei – nie altyd nie. Party bekendes se huwelike het skaars ’n jaar gehou. Popsugar het ’n lys saamgestel van die kortste celeb-huwelike. 

Kim Kardashian het ná net 72 dae van die getroude lewe vir Kris Humphries om ’n egskeiding gevra, glo weens “onversoenbare verskille”. Dit was duidelik dat Kris nog aan die verhouding wou werk: “Ek is lief vir my vrou en is geskok dat sy wil skei. Ek is bereid om enigiets te doen om die verhouding te laatwerk,” het hy destyds gesê.

Kim en Kris se egskeiding is eers in 2013 – twee jaar nadat hulle getrou het – gefinaliseer en Kim het die volgende jaar met Kanye West getrou.

Nicolas Cage en Lisa Marie Presley het ná drie maande hul huwelik beëindig. Nicolas het nie veel in sy verklaring verklap nie: “Ek het nie oor die huwelik kommentaar gelewer nie, so ek gaan nie oor die egskeiding kommentaar lewer nie,” het die National Treasure-akteur gesê. Lisa Marie het net gesê hulle moes nooit getrou het nie.

Lisa Marie

 

Britney Spears en Jason Alexander was net 55 uur getroud. Die sangeres het op die ingewing van die oomblik in Las Vegas ewige trou aan Jason beloof. Daarna is die huwelik nietig verklaar.

Nóg pare op dié lys

  • Drew Barrymore en Tom Green – 9 maande. Onversoenbare verskille.
  • Bradley Cooper en Jennifer Esposito – 4 maande. “Dinge gebeur!” sê Bradley.
  • Colin Farrell en Amelia Warner – 4 maande. Dié “huwelik” was van die begin af nie wettig nie. Hul troue op ’n strand het nie aan die wetlike vereistes voldoen nie.
  • Renée Zellweger en Kenny Chesney – 4 maande. Renée het in die egskeidingsdokumente gesê bedrog is die rede dat hulle skei.
  • Carmen Electra en Dennis Rodman – 9 dae. Dié seremonie het in Las Vegas plaasgevind en blykbaar was hulle nie heeltemal nugter toe dié besluit geneem is nie.

Kyk HIER wie is nog op dié lys.

Lees ook