Elizabeth Taylor
Het jy gehoor?

FOTO’S: Elizabeth Taylor wêreld se mooiste vrou 31 jaar gelede

31 jaar gelede, op 29 September 1984, is dame Elizabeth Taylor as die wêreld se mooiste vrou aangewys.

Elizabeth het dié titel in ’n Louis Harris-meningsopname* verwerf. Sy was glo tydens die aankondiging in die Betty Ford-kliniek om haar gewigsprobleem te oorkom.

Feite oor Elizabeth Taylor

  • Sy was ’n kinderster wat later een van die ikoniese aktrises van Hollywood se Goue Era geword het
  • Sy het Oscars gewen vir haar rolle in BUtterfield 8 (1960) en vir Who’s Afraid of Virginia Woolf? (1966)
  • In 1963 het sy die titelrol in die rolprent Cleopatra gespeel teenoor Richard Burton, met wie sy later (twee keer!) getrou het
  • Elizabeth en Richard het saam gespeel in 11 films
  • Sy was 8 keer getroud, met 7 mans altesaam
  • Sy is in Maart 2011 in die ouderdom van 79 oorlede ná sy jare lank gesondheidsprobleme gehad het

Hier is ’n paar van Elizabeth se foto’s uit Getty se argief

Elizabeth as 7-jarige

1948

In 1948

1949

Op haar troudag met haar eerste man, die hotelmagnaat Conrad ‘Nicky’ Hilton, in 1950

1955

1956

1992

1993

2010

Haar ster op die Hollywood Walk of Fame ná haar afsterwe in 2011

*Louis Harris is ’n Amerikaanse entrepreneur en joernalis. Hy was hoof van die meningsopname-organisasie Louis Harris and Associates, wat The Harris Poll gebruik het.

Bronne: Wikipedia, Getty, Wikipedia