Aardklop-2016-Logo-1024x683-2wy9tki1mx17ut70p6lta67fob0tsd2brhwz4b3j3eqhpqoni
Het jy gehoor?

31 jaar later: John Kani en Sandra Prinsloo by Aardklop

Hoor jy hoe klop-klop dit vir die kuns? Die Aardklop-kunstefees is terug en Potchefstroom bly sy huis! Woensdag was die feesbekendstelling en bestuurder Alexa Strachan is baie opgewonde oor wat die fees vanjaar alles gaan bied.

Ná 31 jaar tree die teater-ikone Sandra Prinsloo en John Kani weer saam op in ’n produksie, So ry Miss Daisy. Die première van die Afrikaanse vertaling van die bekende Broadway-toneelstuk en Oscar-bekroonde rolprent Driving Miss Daisy is vanjaar by Aardklop.

So ry Miss Daisy ondersoek die verhouding tussen ʼn bejaarde vrou en haar chauffeur.

Sandra en John was in 1985 saam op die verhoog in Miss Julie. Dié omstrede toneelstuk oor die romantiese verhouding tussen ʼn blanke sosiale vlinder en ʼn swart man het plaaslik ʼn opskudding veroorsaak en internasionaal aandag getrek met vyfster-resensies, onder meer by die Edinburgh Fringe Festival.

13645256_490567507819362_4514919500426803762_n

In 1989 het Hollywood-akteurs Morgan Freeman en Jessica Tandy die hoofrolle in die rolprent Driving Miss Daisy vertolk. Jessica het met haar vertolking die Oscar vir beste aktrise gewen en Morgan het ’n Oscar-benoeming gekry.

Kyk die lokprent hier:

’n Ander debuutproduksie is Beurtkragʼn verhoudingsdrama met Ivan Botha en Donnalee Roberts.

Beurtkrag poster

Daar sal ook gevestigde produksies aangebied word soos Die vrou uit die see met Jana Strydom en Neels van Jaarsveld, ʼn Geworry met Elize Cawood en Wilson Dunster, en Hond met Frank Opperman.

Aardklop se nuwe slagspreuk is “Ons hart klop kuns.” Die fees is van 4-9 Oktober.

Aardklop-Ad

Besoek hul Facebook-blad vir meer inligting.