prince-purple-rain-180090
Het jy gehoor?

32ste herdenking van rolprent Purple Rain

“Purple Rain, Purple Rain …” Selfs ná die musiek-ikoon Prince se dood op 21 April vanjaar kan jy steeds hoor hoe hy dié frase sing. Vandag is die 32ste herdenking van die rolprent Purple Rain, waarin Prince die hoofrol vertolk het.

Nie net het hy daarvoor die Oscar vir beste oorspronklike lied vir ’n musiekblyspel gewen nie, maar hy het agt maande voor sy dood die huis gekoop waar sy karakter in die prent, The Kid, gewoon het! Volgens Daily Mail het Prince die huis vir $117 000 (sowat R1,7 miljoen) gekoop.

Kyk hoe ontvang Prince sy Oscar-beeldjie in 1984:

Volgens die musikant Schalk Joubert was Prince uiters talentvol en divers.

Hy was dalk aanvanklik meer bekend vir die funk-styl, maar sy kitaarspel was diep gewortel in die blues. Hy het met klank geskilder. Dit het nie net oor note gegaan nie.”

Luister hoe Prince die treffer “Purple Rain” sing:

Lees nou

Die wêreld se hartseerste ysbeer

Tornado’s in Suid-Afrika

Internet-liefdesverhaal: ’n Twiet en ’n troue