FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Het jy gehoor?

Amerikaners vier 4 Julie 240ste keer!

Vandag is een van die belangrikste datums op Amerika se kalender. 4 Julie gaan gepaard met groot feesvieringe, want vir Amerikaners die wêreld oor is dit Independence Day.

Vanjaar is dit die 240ste keer dat die Amerikaners dié dag sal vier met piekniek, vuurwerk, parades en barbecue. Dis dié dag in 1776 waarop 13 Amerikaanse kolonies die Declaration of Independence aangeneem het en hulself as state verklaar het en ook as nie meer deel van die Britse Ryk nie.

In Suid-Afrika het die ambassadeur, Patrick Gaspard, reeds op 30 Junie by sy woning in Pretoria ’n onthaal gehou om Onafhanklikheidsdag te vier. Dis bygewoon deur verskeie Suid-Afrikaanse regeringsamptenare onder wie minister Lindiwe Zulu, sake- en gemeenskapleiers, akademici, lede van die media en ander vriende van die Ambassade.

Die geleentheid is ook bygewoon deur die Kubaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Carlos Fernández de Cossío.

Elke jaar kies die ambassade ’n stad in Amerika wat tydens die vieringe uitgelig word. Hierdie jaar is die fokus geplaas op Miami in Amerika en kon gaste geregte eie aan dié stad, asook musiek van die groep SPAM Allstars geniet.

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Patrick Gaspard het hierdie foto van hom en die Kubaanse ambassadeur getwiet:

Die Kubaanse ambassadeur (links) saam met Patrick Gaspard, die Amerikaanse ambassadeur.

Die Kubaanse ambassadeur (links) saam met Patrick Gaspard, die Amerikaanse ambassadeur.

Volgens ’n berig in die Mail & Guardian sê Ambassadeur Gaspard dat ná afloop van sy termyn in Suid-Afrika hy nie langer deel van die diplomatieke diens gaan wees nie.

Buiten vir die groot feesvieringe vandag in Amerika, het een van die bekendste honde op die internet, Doug the Pug, ook sy deel gedoen om Onafhaklikheidsdag te vier!