julia_roberts_1_a
Het jy gehoor?

Celebs op hul mooiste op 40 – Suzette, Jennifer, Halle, Nicole

Ware skoonheid word eers raakgesien wanneer ‘n vrou al geleef het en ouer is, het Anouk Aimee, ‘n Franse aktrise, gesê. Muhammad Ali is die wyse knaap wat altyd gesê het: “Ouderdom is net wat jy dink dit is. Jy is maar net so oud soos wat jy voel.”

Vir party mense is 40 eintlik ‘n goeie ding. ‘n Paar Hollywood-sterre lyk veel beter op 40 of ouer as wat hulle ooit kon droom om in hulle 20’s te lyk. Hier is ‘n paar foto’s. Kyk veral hoe goed die jare vir Nicole Kidman was.

Suzette van der Merwe, Mej. Suid-Afrika, 1990 Suzette van der Merwe

Wat sê Suzette van der Merwe oor 40-wees:

“Dis asof ek uiteindelik in myself ‘ingegroei’ het en alles vir die eerste keer inmekaar pas. Ek is verbaas my lyf en gesig lyk nog so goed. Ek is nie perfek nie – ek het fyn plooitjies, bykomende gewig om my middel en alles begin effens afwaarts neig! Maar ek voel goed én ek het ’n onwrikbare geloof in my vermoëns en respek vir die keuses wat ek al gemaak het. Die meeste pret wat ek nou het, is om nes te skop. Dit klink vervelig, maar dis heerlik.”

Nicole Kidman Nicole Kidman
Julia Roberts
Jennifer Aniston Jennifer Aniston
Halle Berry Halle Berry

Vir meer foto’s gaan na Hello Magazine.