FOTO Instagram/ @ivankatrump

FOTO Instagram/ @ivankatrump

Het jy gehoor?

5 dinge wat jy nie van Ivanka Trump geweet het nie

Al volg jy nie die Amerikaanse presidentsverkiesing nie, sal jy weet die miljardêr Donald Trump, oftewel The Donald, laat baie Amerikaners se nekhare rys. Maar agter elke man staan daar ’n vrou. En agter The Donald is sy dogter, Ivanka Trump. 

Sy dryf die afgelope ruk haar pa se verkiesingsveldtog.

Hier’s 5 dinge wat jy nie van Ivanka geweet het nie.

1. Die 34-jarige was in die 90’s ’n gesogte model, maar behaal in 2004 ’n graad in ekonomie aan die Universiteit van Pennsilvanië.

2. Ivanka en haar man, die sakeman Jared Kushner, het drie kinders, Arabella, Joseph en Theodore. Sy is ’n Jodin.

3. Al kan The Donald en Hillary Clinton mekaar nie verdra nie, is Ivanka goeie vriende met Chelsea Clinton.

Goeie vriende: Ivanka en Chelsea

4. Sakevrou: Ivanka is die uitvoerende vise-president van Trump Organization.

5. Sy’s ’n skrywer en het selfs ’n persoonlike webtuiste. Sy is ook ’n ontwerper van skoene, handsakke en juwele.

Baby Theodore. My heart is full #grateful

A photo posted by Ivanka Trump (@ivankatrump) on

Bronne: Ivanka Trump, US Magazine

Lees nou