FOTO: Xavier Saer

FOTO: Xavier Saer

Het jy gehoor?

5 dinge wat jy nié van Mnr. SA weet nie

Roeline Strauss, Anneline Kriel, Melinda Bam. Dink jy aan skoonheidskompetisies, kom dié name eerste op. Maar Armand du Plessis is ons Mnr. Suid-Afrika 2015/2016  en hy is reg om mense meer bewus te maak van dié kompetisie. Passievol, ambisieus en stylvol. Hier is 5 dinge wat jy nié van hom geweet het nie.

Vanjaar gaan hy ons land verteenwoordig by die Mnr. Wêreld-kompetisie, wat Augustus in die Filippyne gehou word. SA kon nog nooit iemand onder die top-5 oplewer nie, en Afrika het nog nooit  ʼn wenner gehad nie.

Maar vir Armand gaan die kompetisie nie daaroor om die mooiste te wees nie, maar eerder om ’n rolmodel vir ander te wees.

FOTO: Xavier Saer

FOTO: Xavier Saer

1. Hy het regte aan die Universiteit van Pretoria geswot. Hy wil verder in kinderreg spesialiseer.

2.  Armand dink alle Suid-Afrikaners is mooi, maar reken sy uniekheid het hom dié titel besorg het.

3. Hy was “fris” op skool en het eers in sy eerste jaar op universiteit 15 kg verloor.

4. Armand maak ʼn verskil in die gemeenskap deur Deskbags’n projek vir skoolkinders sonder skooltasse. ‘n Deskbag is ’n tas wat soos ʼn skootrekenaar lyk. As jy die tas oopmaak, vou dit uit en word  ʼn lessenaar. In ons land is 3 miljoen kinders wat nie ʼn tafel het om by te studeer nie en vir hulle is dié tydelike skootlessenaar ‘n uitkoms. Armand het al duisende van die tasse uitgedeel.

5. Voormalige Mnr. SA Dieter Voigt het Armand laat weet watter deure dié titel vir jou kan oopmaak.