Het jy gehoor?

7 Interessante feite oor die nuwe Mej. SA Rolene Strauss PLUS haar styl-eweknie

Nie net is sy as die mooiste in die land aangewys nie. Dié mooi gesig van Volksrust in Mpumalanga is ook ’n slimkop.

  • Rolene is 21 jaar oud en ’n mediese student aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein. Sy was ook dié universiteit se eerste suksesvolle proefbuisbaba.
  • Sy het as 9-jarige vir Jo-Ann Strauss ontmoet

Op die vraag watter voormalige Mej. SA haar inspireer het sy ook Jo-Ann Strauss geantwoord. Rolene sê: “Sy het Mej. SA na die mense gevat en verander steeds mense se lewens. Sy is die perfekte voorbeeld van ’n mooi, sterk vrou wat Mej. SA geword het, terug gegaan het universiteit toe en haar studies klaargemaak het en tot vandag toe gebruik sy die geleenthede wat dié titel haar bied.”

  • Sy het pragtige natuurlike krulle – en sy is trots daarop!

Kyk na haar swemklere-fotosessie HIER.

FOTO: Twitter @rolenestrauss

FOTO: Twitter @rolenestrauss

  • Haar ma was ’n verpleegster en haar pa is ’n dokter. Sy het ook ’n broer wat by Kovsies studeer.
  • Van haar gunsteling Suid-Afrikaanse sangers is Mango Groove, Theuns Jordaan, Riana Nel en Retief Burger.
  • Haar gunsteling-ete is haar ma se beestert met gestampte mielies – kry HIER ’n resep vir die lekkerste beesstert-resep.

Rolene se styl-eweknie

Rolene se lang bruin lokke en haar simplistiese klassieke styl laat ons baie aan Kate Middleton dink.

Mense begin ook reeds sê dat Rolene ’n goeie kans staan om met die Mej. Wêreld-titel weg te stap.

Wat dink jy van Rolene? Gaan sy ’n goeie Mej. SA wees? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

Voormalige Mej. SA gaan trou – lees hier!

Bronne: Volksblad, Miss SA

  • oulikies

    absuluut pragtige vrou