Het jy gehoor?

5 internasionale flieks wat in SA verfilm is

Dit is lank nie meer ‘n geheim dat Suid-Afrika een van die gewildste filmbestemmings in die wêreld is nie. In 2014 is 5 grotes hier verfilm.

Sean Penn, Chris Hemsworths, Robert Downey Jr, Scarlett Johanssen, Charlize Theron en Rebel Wilson is net ’n paar van die groot name wat hierdie jaar werkbesoeke in SA kom aflê het.

Avengers: Age of the Ultron

avengers age of ultron

Genre: Superheld-aksie

Storielyn: Hierdie is die 11de fliek oor Marvel se karakters, en volg Marvel’s The Avengers (2012) op.  In hierdie opvolg moet die Avengers die bose robot Ultron oorwin.

Wie speel daarin? O.a. Robert Downey, Jr., Chris HemsworthMark RuffaloChris EvansScarlett Johansson

Meer oor die regisseur: Die Amerikaner Joss Whedon het Marvel’s The Avengers (2012) gemaak. Hy het ook saamgeskryf aan Toy Story en die vampier-TV-reeks Buffy the Vampire Slayer gemaak.

Uitreikdatum: 1 May 2015

Chappie

chappie film

Genre: Alles-in-een (wetenskapfiksie-aksie-riller-komedie-drama)

Storielyn: Gemene Suid-Afrikaanse bendelede ontvoer die arme robot Chappie, sodat hulle hom kan gebruik vir hulle vuilwerk.

Wie speel daarin? Hugh JackmanSigourney WeaverDev Patel, ons Suid-Afrikaanse Hollywoodster Sharlto Copley en ook die musiekgroep Die Antwoord se Ninja and Yolandi Visser.

Meer oor die regisseur:  Neill Blomkamp is ’n Suid-Afrikaanse Kanadees. Hy en sy vrou het ook die film District 9, wat hier in SA verfilm is, gemaak

Uitreikdatum: 6 Maart 2015

Eye in the Sky

Genre: Riller

Storielyn: Kolonel Katherine Powell moet ’n terroriste-organisasie, wat in Kenya gebasseer is aanval met ’n hommelrobot, maar dit stel moontlik die lewe van ’n 9-jarige in gevaar.

Wie speel daarin? Helen Mirren en Aaron Paul.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Helen Mirren op die rooitapyt FOTO: Gallo Images / Getty Images

Meer oor die regisseur: Gavin Hood is ’n Suid-Afrikaner wat Tsotsi, die Amerikaanse X-Men Origins: Wolverine en Ender’s Game gemaak het.

Uitreikdatum: 2015

Tiger House

tiger house film

Genre: Riller

Storielyn: ’n Tienergimnas moet ’n bende aanvat wat haar geliefdes gyselaar hou.

Wie speel daarin? Kaya ScodelarioDougray Scott en Ed Skrein

Meer oor die regisseur: Thomas Daley is eintlik ’n teaterregisseur. Hierdie is sy heel eerste rolprent as filmregisseur.

Uitreikdatum: 2015

Grimsby

Genre: Komedie

Storielyn: ’n Britse spioen word gedwing om met sy sokkerbehepte broer saam te span vir ’n spioenopdrag.

Wie speel daarin? Sacha Baron CohenMark StrongRebel WilsonIsla FisherAnnabelle WallisIan McShaneGabourey SidibeDavid HarewoodJohnny VegasPenélope Cruz en Scott Adkins.

Kyk hoe het Rebel Wilson sommer met ’n Afrikaanse hutsteken getweet het tydens die verfilming van Grimsby:

Meer oor die regisseur: Louis Leterrier is ’n Franse ressigeur wat dié flieks gemaak het: die eerste twee Transporter flieks, Clash of the Titans en Now You See Me

Uitreikdatum: 31 Julie 2015

The Last Face

Fame & Philanthropy Post-Oscar Party Benefiting The Community Inspiring Today's Youth, Charlize Theron Africa Outreach Project, And The Compound Foundation

Genre: Drama

Storielyn: ‘n Direkteur van ‘n internasionale reddingsorganisasie in Afrika ontmoet ‘n dokter te midde ‘n politiese revolusie. Saam moet hulle deur ‘n tyd van onlus werk.

Wie speel daarin? Charlize Theron, Adèle Exarchopoulos, Javier Bardem

Uitreikdatum: